Scrapy vertel die week van haar woef wat nierstene het en ek vra hoe weet mens. Nog voor sy kan antwoord, bel seun met die nuus.
My BB moet Maandag vir ‘n operasie gaan. Sy het nierstene ontwikkel. En ek is regtig so dankbaar sy bly by seun en skoondogter, ek wonder of ek sou agtergekom het dat sy so baie piepie. My arme kindjie, sy moet seker vreeslik pyn verduur. Maar kla sal sy nooit nie kla nie. My prinsessie tussen al die manne op die erf.
Ek is deur ‘n virus vasgavang in Qazaqstan. En ek moes dringend by die huis kom. Dus het ek die noodsein uitgestuur, ek moet dringend by die huis uitkom. Iemand moes die V(Vlieënde)V(irus)V(lugtende)T(owerin)T(ent) stuur om my te kom haal.
Ek misbruik darem nie die geleentheid om die VVVTT te gebruik nie, want een van my towerinmaats het die week in Rebusfontein aangekom. En ek moet daar aangaan om met my towerinmaats te gesels.
Dus het ek vir Toortsie ‘n boodskap gestuur. Moenie oor afstof of vuil komkommer nie, stuur asseblief die VVVT, ek moet dringend huis toe gaan.
Toortsie het nie op haar laat wag nie, toe ek weer sien, hang die tent voor die venster van ons woonstel in Almaty. Wat opo die veertiende vloer van ‘n wolkekrabber is.
Ek het gou geloer, maar manlief was soos gewoonlik besig met sy foon, ek wou nie pla nie. Kan vanaand boodskap stuur, hy sal verstaan. Dalk selfs bly wees dat hy bietjie alleen kan wees. My BB is siek en ek moet daar wees om haar handjie, ek bedoel pootjie, vas te hou.
Dus wip ek sonder om te groet of te dink op die vensterbank en by die venster uit. In die tent in. Want ek dink liewe Toortsie weet nie dat ek doodbang vir hoogtes is nie.
En ek word verras. Om my staan die towerinne wat tyd kon maak om saam te kom. Letty-Ann, Appeltjie, Seegogga, Frannie, Una, Positief, Woordnoot en Sonell. Toortsie is agter die beheerpaneel, sy verander vinnig die buitekant van die tent dat dit soos ‘n wolk lyk. Ons wil nie in die moeilikheid kom nie, ons is heeltemal te veel vrouens by mekaar. En weg is ons. Terwyl die towerinne babbel oor die mooi land waarin ek bly.
Watse groot wiel is op die berg agter jou? wil Seegogga weet. Ja, beaam Una, daar is ‘n groen kenteken waarop Kok Tobe staan.

Kok Tobe is ‘n aantrekkingskrag met restaurante en mens kan allerhande snuisterye daar koop. Mens kan met ‘n bus teen ‘n kronkelpaadjie opgaan, met jou eie motor opry, of jy kan met die kabelkarretjies opgaan.
Snuisterye? wil Woordnoot weet. Soos Russiese poppies? Jy wil so graag een kry wat uit 5 poppies bestaan.
Ek grou in my sak en haal die twee poppies uit. Wel, Woordnoot, jy moet enetjie kies. En sy het geskiedenis hoor, sy is Vrydagaand bo-op die berg by Kok Tobe gekoop.
Ons is die middag op die berg, sal ander dag meer van die plek vertel. En ek wys so paar foto’s om hulle vir daardie bloginskrywing in die toekoms lus te maak.

Sonell, Una, Positief, Letty-Ann, Frannie en Appeltjie kyk egter nie na die foto’s nie. Hulle weet mos ek sal weet vertel. Hulle staan by die vensters en vergaap hulle aan die berg agter Almaty. Wat Qazaqstan van Krygystan en Sjina skei.

Toortsie vat die pad oor Dubai en Afrika, dat ons darem ook aarde. kan sien en nie net see nie. En toe ons weer sien, land ons op Rebusfontein.
Dit is nag en almal is na hulle huisies, Frannie na haar Toringhuisie wat so pas ‘n naam gekry het.
Ons moet slaap, want Seegogga het ons oorgenooi om daar te kuier. En dit gaan ‘n lang, uitgerekte kuier wees. Al die towerinne is mos nou so saam met my in die VVVTT. Ons gaan ‘n hond uit ‘n bos kuier. Want Frannie en ek het lekker ver gekom vir ‘n goeie kuier.
Dan gaan ek al die bestanddele saamvat om hulle te leer om tee te drink soos ons dit hier in Qazaqstan leer drink het. Ek het onthou om heel gemmer en lemoene en suurlemoene en verskeie pakkies tee saam te vat. Ek sien so uit om hulle te leer dat tee baie, baie lekker is.
Ek is mal oor ons vvvt! Dankie vir ‘n vinnige toer. Ek hoop jou hondekind is gou weer gesond.
LikeLiked by 1 person
Ag Toortsie, baie dankie, ek stres my op oor haar operasie. My kinders kyk so mooi na haar.
LikeLiked by 2 people
Baie interessante vertelling en mooi foto’s van Almaty, Christa. Ek hoop BB word gou gesond. Ons tefie, Tienkie het dieselfde probleem. Gelukkig hoef sy nie operasie te hê nie en is nou lewenslank op spesiale kos.
LikeLiked by 1 person
Perdebytjie, baie dankie. Watter soort kos, ek sal my kinders daarop moet sit.
LikeLiked by 2 people
Dis Royal Canine Urinary Care. Hills het ook so ‘n soort kos, maar sy het spekvet geword daarop.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan dadelik vir my kinders vra om haar op die kos oor te sit. Ek het nie gedink dat kos iets daarmee te doen het nie. So leer mens elke keer. Dankie vir die hulp en vriendskap, Perdebytjie.
LikeLiked by 2 people
Christa,ek sien dit sneeu op julle Allemintige berge.Hier óók! Ek sal graag Woordnoot se gesigsuitdrukking wil sien as sy die Russiese poppies uitskroef.Ek bring heuning vir die Rebustee!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Letty-Anne, liewe aarde ek het heuning vergeet!
LikeLiked by 1 person
🤣Christa,en jy moenie vergeet nie, Letty-Ann se Ann is sonder die ‘e’😉.
LikeLiked by 1 person
Ek maak dadelik reg … ek is so gewoond aan e agteraan name.
LikeLiked by 1 person
Dankie, dalk het jy Franse bloed!Hulle sit mos ‘e’ agteraan vir uitspraak van die laaste medeklinker.
LikeLiked by 1 person
Ek het nogals, my pa se voorsate kom van Frankryk.
LikeLiked by 1 person
Ah,my pa s’n ook.(Malherbe)
LikeLiked by 1 person
Ons is Fourie, en ‘n hele paar towerinne het Fourie in hulle bloed. Ek gaan moet onthou wie almal.
LikeLiked by 1 person
Aitsa!
LikeLiked by 1 person
Hmmm, ons gaan moet seker maak hoeveel Franse bloed loop deur die are. Is hulle nie lovers eerder as fighters nie?
LikeLiked by 1 person
OUI😍
LikeLiked by 2 people
Jy is reg, ek verkyk my aan die natuur. Vergeet om fotos te neem. Dis so mooi daar.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Appeltjie, ek doen ook …
LikeLiked by 1 person
Het juis daaraan gedink om dit te plaas toe ek julle geselsies lees oor sneeu op Suid-Afrikaanse berge. Dit het my laat verlang. En dit is so lekker om te weet Frannie is in Rebusfontein.
LikeLiked by 1 person
Mooi plek daar om jou. Ek het juis nou n sjinese vrou bevriend wat by kleuterskool werk. Sy is n tee drinker. Ek natuurlik ook. Myne is swart met n bietjie heuning in om die bitterheid te breek. Sy gooi kondensmelk in haar tee. Wat toe nou lekker is, is dat sy vir my ses sakkies spesiale Assam tee gegee het om te probeer. Dis n besonderse smaak wat die tee het. Dit word verbou in Indië, dit proe beslis “malty”. Assam tea is a black tea named after the region of its production, Assam, India. Assam tea is manufactured specifically from the plant Camellia sinensis var. assamica (Masters).[1][2] Assam tea is indigenous to Assam. https://en.wikipedia.org/wiki/Assam_tea
LikeLiked by 1 person
Oe Scrapy, dankie cir die lekker saamgesels. Ek gaan daardie tee soek, verbeel my ek het die naam al raakgelees.
LikeLiked by 1 person
Dit moet beskikbaar wees omdat dit in Indië verbou word en op grens met China is.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan beslis vandag bietjie in die winkels loer.
LikeLiked by 1 person
Ons kry dit bv nie sommer hier nie. Miskien by Indiese winkel. Mmmm noudat ek daaraan dink daar het n Indiese winkel in begin van die jaar hier oopgemaak. Ek vermoed hy het seker toegemaak met die COVID storie. Ek gaan mos nog nie regtig winkels toe nie want ons is terug in fase 2.
LikeLiked by 1 person
Is julle weer in ‘n strenger fase? Ag hemel tog, Scrapy, ek wens SA wil net sy grense oopmaak.
LikeLiked by 1 person
Ja ons is. Net groepies van tien saam en maskers op alle openbare transport. Klink darem op SA besig is om mense te laat uitgaan. Dis egter nie te sê dat daar kan inkom nie. Hier kan niemand nog inkom nie.
LikeLiked by 1 person
Hmmm, waar lewe is, is hoop.
LikeLike
Beslis en hoop beskaam nie.
LikeLiked by 1 person
O lekker, hierdie VVVTT trippie! Ek weet ek was lus om vir elke towerin iets tw gee- maar niu het ek vergeet wat dit was! Herinner my asb, want julle is so spesiaal vir my
LikeLiked by 1 person
Was dit nie vrugtekoek nie?
LikeLiked by 1 person
Yip, maar lig op die brandewyn asb. Dit oorheers normaalweg die koek en vrugte se smaak
LikeLike
Nie by Seegogga nie, ek verstaan sy is ‘n boffin
LikeLike
Tov fase 2…dis op die oomblik ons slapper fase.
LikeLiked by 1 person
Dit is, Scrapy-hulle se fases is al weer vererger.
LikeLike
Scrapy is in Nieu-Zeelands
LikeLike
O gaats! Sjame.Arme Kiwi’s.Dankie.
LikeLike
Is waar ja.
LikeLike
Ai ek vang nou eers op!!! Dankie dat ek my Russiese poppies kon kies!! Hulle plekkie is al reg!
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly, Woordnoot, ek kon net nie verby loop toe ek dit sien nie. Jou storie oor die poppies het my geraak.
LikeLike
Ek klim kort kort uit en dan praat ek hard met myself..amazing hoe dit mens se gedagtes in die regte rigting druk.
LikeLiked by 1 person
Daardie is waar, positiewe gedagtes bring mens ver.
LikeLike