Ek het so gestaan en wag by die een aptekie toe ‘n pakkie my aandag trek. Kollageen wat op die gesig geplak word. Ek het net daar gekoop, want my brein het half laat weet dat dit is wat my gesig nodig het.
Etiket: Ust’-Kamenogorsk
Om tee in Qazaqstan te bestel
Twee van ons klein winkeltjies verkoop ‘n nuwe etiket tee. Curtis. Ongelukkig hou beide net enkeles daarvan aan. Nadat elke geur aanvanklik op die rakke was.
Lente is slush Puppy tyd in Qazaqstan
Interessante naam wat ek en manlief vir hierdie tyd van die jaar geskep het – slush puppy tyd.
Die lekker van vriendinne en kubervriendinne (-vriende)
Ek skryf laas week in my dat ek ‘n kluisenaar is. Net een vriendin op skool gehad het. En een hier. Daarmee het ek ‘n hele klomp vriende te na gekom. Want ek het aan die mense gedink met wie ek baie ure van my lewe om ‘n potjie tee, vroeër koffie en nog vroeër ‘n glas melkskommel gedeel het.
Lees voort “Die lekker van vriendinne en kubervriendinne (-vriende)”
Sesde seisoen van When Calls the Heart: kritiese blik op effekte
Ons het die eerste vyf seisoene van When Calls the Heart ge”binge”kyk. Die een na die ander. Soms na een in die nag gaan slaap. Om te kyk wat verder gebeur.
Lees voort “Sesde seisoen van When Calls the Heart: kritiese blik op effekte”
Skandeerder probleme in Qazaqstan
Winkels moet al meer doen om te keer dat produkte sommer net weggedra word. Oral in die wêreld.