Alhoewel ek my lewe lank in Transvaal (wat na 1994 verdeel is in Mpumalanga, Noord-Wes, Limpopo en Gauteng) gewoon het, is ek baie lief vir die Kaap provinsie (wat na 1994 verdeel is in Die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap). Meer spesifiek die Wes-Kaap en veral die gebied in en om Kaapstad, hoofstad van die Wes-Kaap.
Please note that I am writing in my mother tongue, Afrikaans. The blog can be translated in other languages. The translations are not always on the dot as Afrikaans has words with many translations, and Google is not clever enough to choose the corect translation. So much for artificial intelligence …
Tog het ek op my blog nog baie min foto’s van ons reise na die Wes-Kaap gedeel. Miskien omdat ek eers in Kazakhstan (2019 – 2020) begin het om oor die omgewing om my te skryf?
Ek het – terwyl ons in Kazakhstan gewoon het – soveel mooi foto’s van die Kaz geplaas. Terug in Suid-Afrika herinner ‘n kommentaar van een van Anne se lesers my daaraan dat ek vele oorsese lesers het.
En dit het my lus gemaak om oor ons reise deur Suid-Afrika ook te skryf. Veral toe die dame skryf dat sy moes oplees oor die Winterberge en ek haar vertel dat ons heelwat hoë berge het. Soos die Drakensberge, wat sy ook deur Google moes gaan opsoek. Ek het geantwoord dat ek ook foto’s van ons mooi land sal deel. En sy het geskryf dat sy dit baie waardeer. Sy is ‘n Amerikaner. Sy het gedink dat Suid-Afrika plat en vol sand is. Hier is dus my eerste foto’s na my belofte om ook meer oor ons mooi land te skryf.
***
Soos ek genoem het, is ek lief vir die Wes-Kaap. Dus begin ek met Tafelberg.
Tafelberg is ‘n berg baie ver van my af, so 1 200 km. Maar een wat een van Suid-Afrika se bekendste landvorms. So bekend dat manlief se tolk in Kazakhstan se meisie daarvan droom om eendag op Tafelberg te kan staan. Al weet haar landgenote bykans niks van Suid-Afrika nie. Weet hulle nie eens waar Kaapstad en Tafelberg is nie.
Tafelberg se naam is afgelei van die plat deel – wat ‘n plato genoem word – aan die bokant van die berg omdat dit aan ‘n tafel herinner. Hierdie plat gedeelte wat oor 3 km strek, kan die beste vanaf Bloubergstrand, noord-wes van Kaapstad gesien word. Ek het die eerste foto hieronder in September 2015 vanaf Blouberg strand geneem.

Ek kan nogal dink dat hierdie berg vir oorsese reisigers, wat per boot na die hawe kom, indrukwekkend moet wees. As die wolk wat nou bokant die berg is afsak oor die top van die berg, word dit natuurlik Tafelberg se kleed (cloth) genoem. Kan nie anders nie, dit lyk soos ‘n doek wat oor ‘n tafel gedrapeer is. Google gerus Table Mountain cloth vir mooi foto’s daarvan.
Die eerste foto in die middelste ry het ek vanuit die kabelkarretjie geneem. Die kabelkarretjie is in 1929 in gebruik geneem. Toe was dit ‘n piepklein karretjie waarin 25 mense op ‘n slag na die bopunt geneem kon word. Mens het in my grootwordjare ure lank in lang rye gestaan en wag om op te gaan. Die karretjie neem mens tot by die kabelkarhuisie aan die bokant van die berg. Daar kan dan kan eet, aandenkings koop en gaan stap.
Van die berg af kan jy Kaapstad stadion (tweede foto middelste ry) – wat vir die 2010 FIFA Wêreld sokker gebou is – sien. Twee Wes-Kaapse rugbyspanne (WP en die Stormers) het vanjaar na die stadion getrek nadat hulle sedert 2010 geweier het om hulle stadion Nuweland te verlaat. Nuweland was die oudste rugby stadion in Suid-Afrika en tweede oudste rugbystadion in die wêreld en is verkoop het. Dit is hartseer om te weet dat die plek afgebreek word om plek vir behuising te maak.
Die eerste foto in die laaste ry is ook vanuit die kabelkarretjie geneem – hierdie punt van die berg, wat mens op die groot foto ook kan sien, se naam is Leeukop (Lion’s head). Mense klim hom gereeld uit om te gaan piekniek hou.
Die laaste foto wys ‘n gedeelte van die Kaapstadse hawe en een van die strande wat mens in die verte sien, is Bloubergstrand, waarvandaan die groot foto geneem is.
Hier volg nog ‘n paar foto’s wat ek geneem het toe ons in September 2018 weer die berg op is om die natuurskoon te bewonder. Eerste twee foto’s wys die kabelkarretjie stasie bo-op die berg.

Die tweede ry foto’s wys ‘n kaart van staproetes op die berg en ‘n model van die berg – waarna mens kan kyk sodra jy uit die kabelkarretjie klim. Die laaste ry foto’s wys Leeukop van die berg af.
Die eiland in die verte is Robben eiland, waar Nelson Mandela – die eerste president van ‘n demokratiese Suid-Afrika – in sy jonger dae in ‘n tronk aangehou is weens sy aandeel in gewapende opstand teen die vorige regering van Suid-Afrika. Die laaste foto is van ‘n bord op die berg, wat mense versoek om die ekologie op die berg op te pas.
Die eerste foto onder is weer van die karretjie en die stasie daar ver bo.

Dit is die groter kabelkarretjies wat in 1997 in werking gestel is nadat intensiewe verbeteringe aangebring is. Hierdie karretjies neem 65 mense op ‘n slag na die bopunt van die berg en doen dit baie vinniger as in die ou tyd – 4-5 minute tot bo. Die karretjies draai stadig in die rondte terwyl mens op- en afkom om ‘n 360 grade uitsig te bied. Meer as ‘n miljoen mense besoek Tafelberg jaarliks.
Die volgende foto’s is van ons tweetjies op die bo-op die berg, die kant van die berg soos mens opgaan en die stasie aan die onderkant van die berg soos wat ons karretjie weer ingaan om ons af te laai.
Interessant hoe mens se brein weet dat die gat groot genoeg is, die karretjie is daardeur toe jy op is. En dan voel dit te klein as jy afkom en daarna kyk …
Die eerste foto herinner my vreeslik baie aan die Altai-berg in Almaty, Kazakhstan, waar mens ook so van bo kon afkyk op die stad daar onder. Kaz het egter geen oseaan nie, dit is ‘n binnelandse land wat aan geen oseaan grens nie. Hier kyk mens af op Kaapstad.

Die tweede foto wys ‘n gedeelte van die strande om Tafelberg en in foto drie het ek die karretjie bietjie vergroot. Ek stem saam met die naam daarop – daar kan nie ‘n prys op die ervaring geplaas word nie – Priceless!
Die laaste foto herinner my aan daardie dag op die berg. Hierdie kraai het my agtervolg en probeer om skyfies (chips) uit my pakkie te steel. As ek my hand in my pakkie steek, is hy reg om sy bek saam in te steek.
Ek was skrikkerig vir hom – veral toe hy my agtervolg. As ek op ‘n ander plek gaan staan, kom die kraai saam met my. Kom sit hy so reg voor my en kyk hy vir my …
Ek weet dit is simpel om bang vir die klein voëltjie te wees. Ek kan myself seker maar daarvoor vergewe omdat ek The Birds (movie) gekyk het. Dit is nou wel jare gelede, maar die vreemde gedrag van die kraai het my daaraan herinner dat mens en die wild nie regtig maats is nie.
Net kamma-kamma, dus moet jy maar versigtig wees. En dit herinner my daaraan dat kraaie dikwels in mitologie met hekse in verband gebring word. Daaraan het ek nou wel nie op die berg gedink nie.
Ek was eerder half verleë omdat ek so min as moontlik aandag wou trek met die kraai wat my agtervolg. Want my eerste reaksie was om te gil en te waai en swaai dat hy pad gee. Op een stadium het ek wel weggehardloop, tot groot vermaak van manlief …
Ek hoop die foto’s maak jou lus om Kaapstad te besoek, die kabelkarretjie te neem en tot bo-op Tafelberg te gaan. Dit is beslis die moeite werd.
Hooffoto: Ek en manlief op die top van die aarde. Die foto het ‘n geskiedenis. Twee Sjinese tannies het hulle fone in ons hande gedruk en ons met handgebare gevra of ons so ‘n foto van hulle sou neem. Toe doen ons dit en dring hulle aan om ons ook af te neem. Manlief het so effens hoogtevrees, daarom is dit ‘n spesiale foto.
Klik gerus op hierdie skakel om meer oor Tafelberg te lees
Ongelooflike mooi fotos…en baie lekker leesstof.
Baie dankie!
LikeLiked by 1 person
Dankie Philip, ek waardeer. Jou valley nou!
LikeLike
Ongelooflike mooi fotos…en sommer lekker om te lees.
Baie dankie!
LikeLiked by 1 person
That cable car up to Table Mountain sounds better than the one we have in the Blue Mountains near The 3 Sisters. It will hold about 15 and has a glass bottom. Jessica rode across with her wheelchair,right on the glass, looking down at the Waterfalls in the valley. Her photos were better than mine.
LikeLiked by 1 person
That sounds beautifull! Did you share on your blog? Please send me the link. And, interesting, we also have hills in South Africa knwon by the name of The Three Sisters! In the Karoo. https://en.m.wikipedia.org/wiki/Three_Sisters_(Northern_Cape). How amazing?
LikeLike
I might have I’ll look
LikeLiked by 1 person
Appreciate it a lot!
LikeLike
I have found some in my Facebook albums. I’ll load them to a gallery and post you the link.
LikeLiked by 1 person
Wonderful, I am waiting.
LikeLike
https://brotherandrewspix3.wordpress.com/2021/10/05/three-sisters-and-cable-car/
LikeLiked by 1 person
Wow, that is a big cable car. I love the pics, thanks.
LikeLiked by 1 person
Glad you like them – As I said – somewhere -there must be more -I’ll get Jessica to search through her external drives.
LikeLiked by 1 person
Thank you, I like what I saw
LikeLike
Christa, ek het gewonder waar jy gaan begin: Tafelberg daar onder in die suid is ‘n goeie plek. Jou fotos is opwindend en ek sien uit om meer van ons wonderlike land deur jou kamera te sien!
LikeLiked by 2 people
Dankie, Anne, jy is ‘n inspirasie. Ek ken jou deel glad nie, daarom geniet ek dit deur jou lens.
LikeLike
Tafelberg is nou maar eenmaal my gunsteling berg! Selfs as ons van Langebaan af na Kaapstad toe ry is dit die berg wat my die blyste maak!
LikeLiked by 2 people
Ek kan jou goed glo. So oud soos die berge, dit is ons berg.
LikeLike
Dis waar!
LikeLiked by 1 person
Dankie! Jy maak my nou lus om sommer weer Tafelberg te besoek.
LikeLiked by 1 person
Verseker!
Ons is bevoorreg om nou tydelik in Vishoek te bly….maar die berg …het sy eie bekoring…geniet dit om te roei op die see daar.
LikeLiked by 3 people
Ek stem saam en Vishoek is pragtig. As ons weer Kaap toe gaan en julle is steeds daar kan ons iets saam gaan drink daar by die hawe kafeetjie
LikeLiked by 1 person
Dit sal so lekker wees!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad
LikeLike
Dit is so die moeite werd.
LikeLiked by 1 person
https://en.wikipedia.org/wiki/Three_Sisters_%28Australia%29?wprov=sfla1
LikeLiked by 1 person
Absolutely beautiful, I understand why people call them hree sisters.
LikeLike
There is an Aboriginal Dreamtime story explaining how they came to be.
LikeLiked by 1 person
O my word, that is amazing.
LikeLike
The Legend
The Aboriginal dream-time legend has it that three sisters, ‘Meehni’, ‘Wimlah’ and ‘Gunnedoo’ lived in the Jamison Valley as members of the Katoomba tribe. These beautiful young ladies had fallen in love with three brothers from the Nepean tribe, yet tribal law forbade them to marry. https://m.bluemts.com.au/info/thingstodo/threesisters/
LikeLiked by 1 person
I will read it just now.
LikeLike
I love the stories, poor girls
LikeLike
Yes,poor girls and there are so many interesting explanations for the way things are.
LikeLiked by 1 person
Indeed, I love both stories.
LikeLike
Here are some photos from part of the Coastal Walk. There must be more but I fear we took those on archaic cameras and they are not digitalized.
https://brotherandrewspix3.wordpress.com/2021/10/08/coastal-walkto-coogie/
LikeLiked by 1 person
Jou skryfstuk laat my nou erg verlang na die Kaap en ons berg. Ek gaan Desember 2022 daar draai! Pragtige foto’s.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, San.
LikeLike
Ons verhuis ook in Des na die Wes-Kaap en ons was in die Oktober vakansie daar om die kinders hulle nuwe blyplek te wys, ons is almal onsettend opgewonde om
Kapenaars te word, die Kaap is hemels!!
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, die Kaap het skoonheid wat mens nie hier kry nie. Ongelukkig is my man se werksgeleenthede hier. Ek hoop jy geniet dit so baie soos my dogter, sy is elke moontlike geleentheid wat sy kry by die see.
LikeLiked by 1 person
Ja nee beslis en ek is verslaaf aan oefen so ek kan nie wag om daardie pragtige paaie langs die see te benut nie! Ek is bly hulle is gelukkig. Was bekommerd veral omdat ek my kinders in ñ nuwe skool moet sit maar ek dink die vars lug en mooi natuurskoon maak op vir die groot verandering wat voorlê
LikeLiked by 1 person
Waarheen gaan julle? Hulle is in Stilbaai se area, Mosselbaai is ook naby hulle. Die kinders floreer in nuwe, kleiner skole. Of gaan julle spesifiek na Kaapstad? Dus stad?
LikeLiked by 1 person
My man het begin werk in Kaapstad self, so ons gaan in Bellville/Tygerberg area bly, maar genadiglik is al die areas redelik naby en ons beoog om ons naweke te benut en al die mooi plekkies te ontdek.
LikeLiked by 1 person
Inderdaad, ek sal bietjie by my vriendin wat in daardie area bly hoior van skole. Haar kinders is nog laerskool, maar sy is baie gelukkig. Weet net dat die Kaapstadse mense nie maklik vriende maak nie, maar – dit is wel makliker as jy skoolkinders het. Werk jy?
LikeLiked by 1 person
Ek was ń events planner gewees maar toe my kinders in die ouer grade in is het ek hulle voltyds begin help, toe het my beroep bietjie agtergebly maar ek beplan om in die Kaap weer myself te “vind” Ek het ń boek in my kop wat ek al lankal wou begin skryf en ek is ook maar ń alleenloper so as vriendskappe gebeur is dit goed maar nie vir my noodsaaklik nie. Ek sien uit om net gauteng se gejaagde lewe te kan agterlaat en met ń nuwe blaadjie te kan begin.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, eendag gaan ek ook wil. Vir nou wil ek naby my een kleinkind wees, die ander drietjies het Wes-Kaap toe getrek.
LikeLiked by 1 person
Die lekkerste van Kaapstad is…..dit voel hèèltyd of mens met vakansie is….jy ruik die see….en binne ñ paar minute in enige rigting is jy by die mees ongelooflikste plekke….as jy dink ek oordryf…kom ervaar dit self.
Ek en vroulief….gaan binnekort oorsee werk….en spaar sodat ons ons eie plekkie hier in die “deep South” kan koop…..my as moet ook verkieslik hier gestrooi word….
LikeLiked by 2 people
Ai Philip, ek is skoon hartseer dat julle weer die pad vat. Maar ek verstaan, hier kan onderwysers nie geld maak nie. Kon julle toe julle goed uit Sjina terugkry?
LikeLike
Sjoe Christa….baie moeilike…emosionele…finansièle besluit gewees om weer poste te aanvaar oorsee.
Ja ons klere het geland… en my kitaar…ongelukkig pas van my broeke nie meer so lekker nie….maar gaan dit gee vir iemand wat dit kan gebruik.
LikeLiked by 1 person
O nee, jy gaan nie, dan is dit mos tyd om aan die lyf ook aandag te gee. Daar is sulke lekker oefenplekke in die Kaap, al langs die strand. Sjoe, ek is bly julle goed is teruggegee.
LikeLike
Oeps, ek is dalk verkeerd, juis die lekker oefenplekke wat die bene geoefen het?
LikeLike