Ons bly op ‘n gholflandgoed in die stad. Regtig in die middel van ‘n stad. En tog hou dit die natuur nie van ons af weg nie.
Lees voort “Die tarentale van ons landgoed”Etiket: Reisjoernaal
Vissermanne op brug in Istanboel
Ons het in 2019 ‘n paar keer met Turskish Airlines tussen Johannesburg en Ust-Kamenogorsk (Kazakhstan) gevlieg. Dit was heelwat goedkoper as ander rederye. Maar, ons moes heen en weer 16-uur oorstaan op Istanboel in Turkye.
Lees voort “Vissermanne op brug in Istanboel”Spesiaal vir my vriend Andrew in Australië
Vandag herinner my iPad my aan ‘n paar foto’s wat ek in Sydney geneem het toe ons hierdie tyd 12 jaar gelede daar was. Alhoewel ek Australië na die Novac Djokovic episode nie weer sal besoek nie, wil ek die foto’s tog deel. Veral omdat dit op Andrew – my vriend in Australië – se voorstoep is.
Lees voort “Spesiaal vir my vriend Andrew in Australië”Onverwagse groenigheid …
Blogvriendin Anne deel gister die mooiste foto’s van blomme en plante wat skielik net weer in volle blom staan. Nadat sy oorweeg het om die een uit te haal wat dood gelyk het na ‘n langdurige droogte.
Lees voort “Onverwagse groenigheid …”Bessies met wolmussies in Ust
Ek sien lesers geniet my vertellinge oor ons lewe in Kazakhstan, daarom gaan ek gereeld foto’s plaas wat aan daardie lewe herinner.
Lees voort “Bessies met wolmussies in Ust”Raad om my blogs oor Kazakhstan te lees
Ons het in Januarie 2019 gaan kyk hoe Kazakhstan lyk omdat my man daar wou gaan werk. Gesien dat mens nie sterf as jy buite kom as dit -38 grade Celsius is nie – en op 5 Maart 2019 met ses tasse en my Thermomix in Almaty geland om 18 maande in Kazakhstan te bly.
Lees voort “Raad om my blogs oor Kazakhstan te lees”