Blogvriendin Anne deel gister die mooiste foto’s van blomme en plante wat skielik net weer in volle blom staan. Nadat sy oorweeg het om die een uit te haal wat dood gelyk het na ‘n langdurige droogte.
Self het ek ‘n foto die vorige dag ‘n foto gedeel wat geneem is in Zhastar Park in Ust’-Kamenogorsk. Omdat ek nie kon glo dat plante net weer opstaan en groei nadat dit vir maande lank onder ‘n dik sneeukombers gelê het nie.
En toe herinner my iPad my vandag aan hierdie foto wat ek in Dubai geneem het.

Virgo sal seker presies weet waar dit geneem is, ek het geen idee nie.
Maar ek onthou dat ek dit geneem het omdat die groenigheid so onverwags in daardie bar area is.
Die foto is op 13 Augustus 2018 geneem. Manlief het my vir my verjaarsdag na Dubai geneem. En ek het toe nie geweet dat my volgende twee verjaarsdae ook in die buiteland gevier sou word nie.
Veral nie in die nuwe hoofstad Nur-Sultan (2019 – wat eers as Astana (hoofstad) bekend gestaan het. En toe vrywillig verplig in die ou hoofstad (Almaty – 2020) omdat ons toe reeds sedert Maart 2020 nie na Suid-Afrika kon terugkeer nie weens die inperkings. Dit was my sestigste verjaarsdag en ek en manlief het die dag alleen in Almaty gevier – so anders as wat my hart se begeerte was om die saam met my gesin in Suid-Afrika te vier.
Die verlange om my verjaarsdag saam met my gesin te vier, is my in 2021 ook ontneem omdat my dollatjie en haar gesin toe so pas na die omtes om Stilbaai verhuis het. Natuurlik was my verjaarsdag vanjaar ook spesiaal. Manlief het vir my, seun, skoondogter en kleinseun vir ‘n fynproewersete by die restaurant op Waterfloof Golfbaan getrakteer. Baie van my hart se punte was dus wel saam met my op my verjaarsdag, wat ons in die middel van die week gevier het …
Daar dwaal ek weer vreeslik af.
Ek wou gesels oor die groenighede wat in bar, dor en ongenaakbare gebiede aangetref word. Plekke waar mens dink dat die natuur weens ‘n tekort aan water – of ysige omstandighede – boedel ingegooi het.
Net om verras te word.
Soos in Anne se dorre Oos-Kaap, die ysige Ust en die dorre, uiters warm Dubai.
Ek neem aan iemand gaan weet watter soort plant/struik dit is?
Bougainvillea? Die vorm van die blare en daardie dorings laat my so dink.
LikeLiked by 2 people
Jy is reg, Anne, dit lyk nou vir my ook so. Sien, dit is lekker om by jou te leer.
LikeLiked by 1 person
Sien ek nou ‘n pienk blommetjie heel regs en soort van in die middel van die kantlyn raak?
LikeLike
Nou lag ek en moes terug gaan om te kyk. Ons is soos twee speurders met ‘n vergroot glas! Daar is wel pienk van die bougainvillea soort … ek het dit nie die eerste keer opgemerk nie.
LikeLiked by 1 person
Ek lag ook, maar jy het die basiese raakgesien, Blare en dorings. En ek nie, al het ek ‘n piemk ene in my tuin …
LikeLiked by 1 person
Die natuur is darem maar ongelooflik!
LikeLiked by 1 person
Absoluut, soveel anders as ons wat onsself soms heeltemal te jammer kry.
LikeLike
Dis waar💐
LikeLike
Ek weet eerlik nie waar nie, maar hulle plant Bougainvilleas orals en is regtig pragtig so in die dorre land. Al wat ek weet is ek mis die groen in SA en die wolke, dit is ongelooflik om weer wolke te sien🌻
LikeLiked by 1 person
Ek stem met jou saam – ongelooflik lekker om wolke te sien. Daar is mos net mis
LikeLike
Jy sal dalk ‘n pienk blom Google-lens sien sê Binahong of andersins Gewone Witch Hazel. Die probleem is dat ons Skepper ‘n beperkte palet met betrekking tot blare gebruik het, so baie blyk dieselfde te wees totdat hul blomme hul geheime openbaar.
LikeLiked by 1 person
Ek sien ‘n pienk blom ver regs op die foto. Sien jy dit?
LikeLike
Jou foto is pragtig,Christa!Jy fokus op die natuur.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Letty-Ann, ek sien dit raak as ek in dorre omgewings kom. Wens ek sien dit meer raak waar dit volop is.
LikeLike
Plante is wonderlike goed! Dankie vir die deel. So het ons broodboom ook morsdood gelyk na die winter! Toe drie weke terug het hy blare begin stoot!!!
LikeLiked by 1 person
Oe en mens kan stres as hulle die dag lyk of hulle dit nie gaan maak nie. Duur plante wat groot gat los waar hulle was.
LikeLike