Gepubliseer in Reisjoernaal

So, wat het ek nog nie in Qazaqstan probeer nie?

Ek het gister, op navraag van ons predikant in Suid-Afrika, ‘n brief aan ons gemeente in die RSA geskryf om hulle so bietjie oor die lewe hier in Qazaqstan in te lig. Soos altyd is daar mos na die tyd dinge waaraan mens dink, wat ook vertel kon word. Soos die dinge wat ons nog nie gedoen het nie.

Lees voort “So, wat het ek nog nie in Qazaqstan probeer nie?”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Brief aan ons gemeente: NHK Die Kruin

Vanoggend kry ek op Facebook ‘n boodskappie van ons predikant, Ds. Kobus Pienaar. Met ‘n versoek om so bietjie meer oor die lewe hier in Qazaqstan te vertel. Ons is steeds deel van die gemeente, selfs al gaan ons in drie jaar seker nooit daar uitkom nie. Omdat beide van ons, as ons iets sou oorkom, verkies dat ds. Pienaar ons begrafnisse sal lei.

Lees voort “Brief aan ons gemeente: NHK Die Kruin”
Gepubliseer in Joernaal

A Waas? Dit ken ek darem …

Ons woonstelblok se ingang is deftig teen die ander in die straat. Woonstelblokke se ingange is aan die agterkant van die geboue, aan die voorkant is dubbeldeure so hier en daar en as jy by een van daardie deure ingaan, is jy verras oor alles wat in die winkels verkoop word.

Die winkeltjies laat mens aan die winkels in Hillfox in Weltevredenpark se China mark dink. Sommiges het glasafskortings wat winkeltjies skei, ander het toonbanke soos die wat mens in Pick a Pay sal kry waar mens broodbolletjies koop. Maar, ek dwaal al weer af, sal later oor die winkeltjies skryf. Ek wil hier meer vertel oor ‘A waas?’

Lees voort “A Waas? Dit ken ek darem …”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Braaivleis op ‘n piepklein stoepie in Oskemen

Na twee maande in ust’-Kamenogorsk moet ons doodeenvoudig self braai. Want braaivleis in die restaurante hier proe nie soos braaivleis soos ons dit ken nie. So stap ons van winkel tot winkel, lekker ver uit mekaar omdat winkels hier baie anders is as in Suid-Afrika, op soek na iets wat sal werk om self te braai.

Lees voort “Braaivleis op ‘n piepklein stoepie in Oskemen”