Voel so onwerklik om te onthou dat ons skaars ‘n maand gelede nog met toe gordyne moes slaap.
Lees voort “Die son het lui geword in QaZaqstan”Etiket: Qazaqstan
‘n Oggend in die berglandskap naby Oskemen
Ek was die week olik, het Dinsdag met ‘n gekrap in die keel begin. Volgens my een Qazaq vriendin was dit gevolg van min wind die afgelope ruk. Die gasse het in die lug opgebou. Haar raad was dat ons uit die stad moet kom. Elke naweek. Om vars lug in te asem.
Lees voort “‘n Oggend in die berglandskap naby Oskemen”Seisoene in Qazaqstan
Volgens een van die Qazaq meisies wat ek hier ontmoet het, het Ust-Kamenogorsk regtig egtig vier seisoene.
Lees voort “Seisoene in Qazaqstan”Vleiskoop in Qazaqstan
Ek dreig al so lank om foto’s van die mark te plaas. So hier is 10 foto’s wat wys hoe dit op ‘n mark lyk.
As jy vir die eerste keer op my blog kuier, hier is die slegte nuus. Hier is nie slagshuise nie, mens koop jou vleis so. Vars van die plaas. By die boere. Opgekap, geen saag. Groot hompe vleis.
Maar ek kla nie weer nie. Nooit weer nie. Al moet ek mooi kyk dat ek nie per ongeluk perd koop nie. Want sien, ‘n vriend van my wat nou in Sjina skoolhou, het my onwetend gehelp om nie te kla nie.
Hier is beslis beter as daar.
Hy stap deur die vleisafding en lewendige skilpaaie en brulpaddas word aangebied. Met verkoper wat vir hom probeer vertel hoe om dit gaar te maak!
Ek sal dit nie kan hanteer nie. Sal waarskynlik elke skilpad koop en tuis gaan beskerm. Brulpaddas iewers loslaat ver van mense af. Dié sal mens nie in die huis kan grootmaak nie.
Eerstens is ek bang vir paddas. Weet nie of die piepieding waar is nie, maar ek soek daai glibberige lyfies nie naby my nie. Tweedens is hulle rumoerig! Elke honger Sjinees sal rede hê om by my te wil inbreek.
Hier word die diere ten minste nie lewendig aangebied nie. Anders sou ons ‘n plaas moes gaan koop. Vir al die perde wat gered word.
Nou vra ek myself af wat van die hoenders en skape en beeste? Ek dink nog daaroor. As plaasmeisie en dogter van ‘n slagter pla dit my nie. Dit is kos op die tafel.
Mits ek hulle nie grootgemaak het nie. As ek het, sou dit nie kos kon word nie. Want diere met name word nie geëet nie. Hulle is deel van die gesin.
Dokters, doktore en aptekers in Qazaqstan
Qazaqstan het interessante maniere van dinge doen. Een daarvan betrek dokters, doktore en aptekers.
Lees voort “Dokters, doktore en aptekers in Qazaqstan”Regte, egte rooibostee in Ust-Kamenogorsk
Was ek nie verras toe ek in Maart saam met vriende in ‘n restaurant naby ons woonstel sit en ek rooibos chai (tee) op die spyskaart raaklees nie. Nou wel in Russies gespel, maar as mens dit uitspreek kom jy by rooibostee uit. En dit moes ek dadelik bestel.
Lees voort “Regte, egte rooibostee in Ust-Kamenogorsk”