Nee gits, ek gaan nie soos my blogvriendinne maak nie. So het ek gedink toe ek hulle gegroet lees, groete omdat hulle rukkie weg gaan wees want dit is Desembervakansie. Ek gaan kontak hou en gereeld plasings maak, soos ek die afgelope paar maande gemaak het.
Lees voort “Drie vinnige weke in Suid-Afrika”Etiket: Qazaqstan
Sneeu in Ust-Kamenogorsk
Ek was vreeslik opgewonde om die eerste sneeu in Ust’-Kamenogorsk te sien. Die sneeu kom op twee maniere hier aan.
Lees voort “Sneeu in Ust-Kamenogorsk”Is ek die ewige reisiger?
Ek is gevra om ‘n artikel te skryf oor die lewe hier in Qazaqstan. Vir een van die vrouetydskrifte. Een van die vrae was of ek ‘n reisiger is. Is ek?
Lees voort “Is ek die ewige reisiger?”Qazaqs: ‘n Facebook-lose nasie
Ons woon sedert Maart 2019 in Qazaqstan.
Qazaqstan is die 9de grootste land in die wêreld. Meet meer as 3 000 km van oos na wes, en meer as 1 000 km van noord na suid. ‘n Land met geen oseaan nie, grens wel aan ‘n see.
Lees voort “Qazaqs: ‘n Facebook-lose nasie”My muse het verlof sonder toestemming geneem
Ek lag nou so lekker toe Vuurvliegie my laat weet dat die woorde vir haar woordsnoer die keer nie apart gegee word nie, want haar muse het haar so gelei.
Lees voort “My muse het verlof sonder toestemming geneem”As mens jou ore uitleen …
Jy het seker gewonder waarom ek nie oor ons dik laag sneeu geskryf het nie? En so stil is. Laat ek dan maar vertel.
Lees voort “As mens jou ore uitleen …”