Ons bly nou twee maande in Almaty. En almal wil weet hoe dit is. Ek sê dan maar net dat ek nog nie kan sê nie, ek is te kort in die stad. En ek mis Ust’-Kamenogorsk ala Öskemen nog te veel om ‘n oordeel te kan maak.
Lees voort “Om dringend die regte medisyne in Almaty te koop as jy nie Russies kan praat nie”Etiket: Qazaqstan
Ons kuier by Coffee Boom in Forum winkelsentrum
Ek het al genoem dat ons van Coffee Boom hou. Ook dat ons die een by Dostyk Mall al verskeie kere besoek het.
Lees voort “Ons kuier by Coffee Boom in Forum winkelsentrum”Wildberries se aanlyninkopies in Qazaqstan is maklik
Mia vertel my al so lankal van Wildberries. ‘n Baie groot aanlynwinkel in Qazaqstan. Waar jy enige iets kan koop – van sekere kos tot klere tot toestelle. Ek gaan juis vandag my hidrometer afhaal. Om hierdie droë lug te toets.
Lees voort “Wildberries se aanlyninkopies in Qazaqstan is maklik”Resep vir aartappelgereg in Almaty
My skoondogter kan ‘n lekker aartappelgereg maak. So lekker dat manlief gereeld hoop dat ek dit ook kan doen. Maar wat is nou lekker daaraan om dit so goed soos sy te kan doen? Dan geniet hy die kos mos nie so baie soos wanneer ons by seun en haar eet nie. Maar hy probeer gereeld.
Lees voort “Resep vir aartappelgereg in Almaty”Coffee Boom Dostyk Plaza Almaty
Ons het gesē ons gaan nie elke keer by dieselfde plek eet nie, want hier is soveel restaurante in Almaty. Wel … ons is al verkeerd bewys.
Lees voort “Coffee Boom Dostyk Plaza Almaty”As mens jou paspoort nodig het om bier te koop …
Donderdagaand gee ons ons paspoorte vir die HR bestuurderes, ons visums verval amper en ons moet dit opdateer. Dit is belangrik, mens wil nie sonder ‘n visum in ‘n vreemde land wees nie. Ons gaan so week sonder visums wees, dalk selfs langer.
Lees voort “As mens jou paspoort nodig het om bier te koop …”