My dogter, skoonseun en die drie oudste kleinkinders het middel Julie Kaap toe getrek. Wes-Kaap, Stilbaai se area. En nou geniet my iPad dit om my elke liewe dag aan hulle te herinner. Asof ek sal vergeet?
Lees voort “My iPad laat my erg verlang”Etiket: ouma
Ek kyk vir ouma se boude …
San, een van my blogvriendinne, vra dat ons skattighede van ons kleinkinders deel, die meeste van my bligvriendinne is reeds oumas. Daar is soveel skattighede, ek het geen idee waar om te begin en wat om te kies nie. Ek is darem al tien jaar ouma en met vier seuntjies is daar baie skattighede.
Lees voort “Ek kyk vir ouma se boude …”Ek is sowaar as vlermuis geklee …
So blaai ek vanoggend deur my foto’s. Om vir die eerste keer verras te word deur die feit dat ek al in vlermuis klere geparadeer het. Ek, die vrou wat vlermuise met ‘n passie haat … Ek het al vertel waarom …
Lees voort “Ek is sowaar as vlermuis geklee …”As ouma kleinkinders oppas …
Ek was die afgelope tien dae baie stil. Want manlief het vir eers alleen na ‘n dorp ver van hier gegaan. Om daar op die myn te werk. En vir ons blyplek te kry. Ek moes eers alleen agterbly.
Kleinkindpret by Sun City
Lief my kleinkindseuntjies baie!
Gister wil ek so bietjie op die Lazy River by Sun City se opblaasbande ry, maar sien nie kans om dit alleen dit alleen aan te pak nie. Dollatjie se oudste en middelste speel te lekker by die glybane en wil nie saam nie. Toe beraam ek maar ‘n plan.