Ons is mos op 2 Maart 2019 met ons vier groot tasse (32 kg elk, Lufthansa besigheidsklas), vier klein tasse (8 kg elk) en my handsak na Qazaqstan om vir drie jaar hier te kom woon en werk.
Etiket: Oskemen
‘n Geëerde gas wil ek nie in Qazaqstan wees nie
Ek het nie fitterig oor kos grootgeword nie. Ek kon self opskep, maar, die kos wat ek opgeskep het, moes ek opeet. Dit het, as ek reg onthou, met my pa se grootwordjare te doen gehad.
Lees voort “‘n Geëerde gas wil ek nie in Qazaqstan wees nie”
Siriliese alfabet se ware vriende is allesbehalwe vriende …
Ek het, toe ons Qazaqstan toe getrek het, baie opgewonde besluit dat ek Russies gaan leer praat. Daai opgewondenheid het sommer binne die eerste twee maande soos mis voor die son verdwyn. Tans is dit ‘n langsame proses.
Lees voort “Siriliese alfabet se ware vriende is allesbehalwe vriende …”Ongemaklike oomblikke op ‘n Qazaq-troue se dansbaan
Ek het eergister vertel dat ons na ‘n Kazakh-troue genooi is. En dat ek ‘n mooi rok vir die troue kon koop, in ‘n land waar valletjies en kantjies en plooitjies hoogty vier. Hou van die foto wat van ons maatskappy se gaste geneem is.
Lees voort “Ongemaklike oomblikke op ‘n Qazaq-troue se dansbaan”Rok vir ‘n Kazakh-troue (2)
Ek het gister van die gesoek na ‘n rok vir die troue vertel. En sommiges van julle het gevra dat ek vertel of manlief toe die Aspoestertjie rok vir my gekoop het. Ek vertel verder.
‘n Paar minute in Aspoestertjie se skoene …
Eergister kom manlief tuis met ‘n raai wat? Ek is besig om kos te maak en nie lus om te raai nie, dus antwoord ek met: Vertel maar, ek dink nie ek sal kan raai nie. En toe wys hy die pragtige kaartjie, ons is na ‘n Kazakh-troue genooi, die bruidegomgedeelte van die troue. En ek is baie gek oor die meisie wat gaan trou, sy werk vir my man.
Lees voort “‘n Paar minute in Aspoestertjie se skoene …”