Ons het verlede week saam met manlief se werksmense uitgeëet, ek moet nog daarvan vertel. Maar toe vertel die een ou vir ons van twee besienswaardighede naby Kuruman, naamlik die Wonderwerkgrotte en Boesmangat.
Etiket: Noord-Kaap
Angus slaghuis in Kuruman ‘n juweel
Ons is mos vreeslik erg oor ons vleis, as ‘n slaghuis se biltong en wors lekker is, dan word hy ons slaghuis. Soos die een in Noordheuwel, wat in die twee jaar wat ons in Kazakhstan was, iets van sy glans verloor het. Die wors is nie meer lekker nie, waarskynlik omdat ons nou gewoond is om ons eie wors te maak.
Internasionale moedertaaldag – 21 Februarie ‘21
Ek moes dit net doen … die datum. Lyk dit nie interessant nie?
Lees voort “Internasionale moedertaaldag – 21 Februarie ‘21”
La Nina: Paaie in Noord-Kaap breek op
Ons woon sedert 27 Desember 2020 in Kathu, ‘n oulike dorpie in die Noord-Kaap. En dit is soveel anders as wat ons verwag het. Dié deel van Suid-Afrika is veronderstel om nou baie warm en baie droog te wees.
DeBen, Noord-Kaap
Ek het vertel dat ons verlede Sondag uitgery het na Doringdraad Kontrei-Kuierplek. En dat ek verras was deur die Afrikaans teen die mure, die mooi binnenshuise versiering. En dat ek regtig graag die atmosfeer wou beleef en nie net kos vat en loop nie.
Doringdraad Kontrei-Kuierplek
Ek weet ek het dadelik jou aandag: Ons is mos nie die kuiersoort nie, en dit klink soos ‘n kuierplek op die platteland. Die naam laat mens aan rugby dink. Wat was daardie naam nou weer? Kamp staaldraad?