Vandag kyk ek die drie van my so en besluit dat hulle moet bad. Dit is koud buite, maar warm in die huis vandat ek my fobie oor warm huise en koue buite laat vaar het.
Lees voort “Winterbadtyd en die Schnauzers”Etiket: Miniatuur Schnauzers
Redigering van foto-storie #12 se foto
So lewer Appeltjie vanoggend kommentaar op my saamgestelde foto-uitdaging #2:
Lees voort “Redigering van foto-storie #12 se foto”Foto-storie #12
Hierdie foto vat my 10 jaar terug en ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie.
Lees voort “Foto-storie #12”My Shilo Schnauzer is nie meer Shy-lo nie …
Ek het al vertel dat ek Rogz harnasse vir my woefkinders gekoop het. En dat dit my ‘n arm en ‘n been gekos het. Maar die harnasse is pragtig pragtig en beslis duursaam. Die knippe het selfs ingeboude slotjies en natuurlik ‘n handvatsel soos ‘n tas.
Kaalvoetkind bied aan om Schnauzers op te pas
Die afgelope ruk is daar opgeskote seuns wat op fietse by ons huis verby ry. Soms net enetjie met baie dik glase in sy bril. ‘n Regte klein wilde wragtig. Loop oral sonder skoene en die pad is besonder warm hier in Kuruman, met klippe en slaggate voor ons huis, vra maar vir my.
Schnauzers en die nuwe Rogz-harnasse
Ons ry die afgelope tyd baie. Elke tweede naweek rivier toe want manlief glo daar is baie werk wat moet klaar voor hy doodgaan. Sy eie woorde, nie myne nie.