Vanoggend kon ek nie help om te lag nie. Gewoonlik sit BB, Shilo en Bekka voor die glasdeur en wag dat ek oopmaak as hulle ons in die huis hoor beweeg.
Lees voort “BB is nie Racheltjie de Beer nie”Etiket: Miniatuur Schnauzers
BB, Shilo en Sobek kuier op Rebusfontein
Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein.
Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus het om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.
My Schnauzers dra kleertjies …
Kyk, daar is baie goed wat ek met my Schnauzers doen, hulle is mos my kinders. Maar jassies aantrek was nog nie deel daarvan nie, want hulle slaap sedert geboorte by ons in die huis.
Lees voort “My Schnauzers dra kleertjies …”Seegroen-blou is my spesiale kleur
Tourmaline vra in verlede week dat mens “turkuoise-blue” foto’s deel. Ek het toe my een gedeel oor die seegroen-blou kleurfront in Valsbaai wat ek uit die lug kon afneem. Dit is egter ‘n spesiale kleur wat uitstaan as ek deur my foto’s blaai.
Lees voort “Seegroen-blou is my spesiale kleur”Duiwe se voetspoortjies in die sand …
Ek het op die laaste dag van Mei teen skemer uitgegaan om hierdie foto te neem, glad nie om aan enige uitdaging deel te neem nie. Bloot omdat ek so graag wil weet wat die duiwe in die rooi sand maak.
Lees voort “Duiwe se voetspoortjies in die sand …”Waggy Tails is die beste vir my Schnauzers
Kyk, ek weet vrouens bou ‘n verhouding met hulle haarkapsters. Ek doen nie, laat my hare selde sny. Want … ek stap selde tevrede daar uit. Maar ek bou ‘n baie spesiale verhouding met my Schnauzers se haarkapster, badster, bederfster. Wat sal mens haar noem?
Lees voort “Waggy Tails is die beste vir my Schnauzers”