Dit reën sedert Vrydag elke dag. Sag, maar deurdringend. En dus is die Hennopsrivier weer te vol. En word ons gholfbaan weens oorstromings gesluit.
Lees voort “Pretoria tweede koudste plek in land vandag”Etiket: Kazakhstan
So, Griekeland lees weer my blog …
So maand gelede klik WordPress by my. Iemand uit Kazakhstan het my nuwe webwerf ontdek. Ek het mos my joernaal na ‘n ander adres geskuif om van die iemand en sy/haar maatjie ontslae te raak. En ek het net geweet dit is ‘n kwessie van tyd voor die maatjies van Griekeland ook hier gaan wees.
Lees voort “So, Griekeland lees weer my blog …”Sneeubedekte hange by Shumbulak, Almaty
Vandag herinner my iPad my aan hierdie foto wat ek in die eerste week van Maart 2020 geneem het toe ons weer ‘n keer na Shumbulak ski-oord in Almaty gegaan het om die wonderlike sneeulandskap te beleef.
Lees voort “Sneeubedekte hange by Shumbulak, Almaty”As kleingeld getel moet word …
Woestynkind vertel sy was ‘n teller op haar dag in die bank. En dat sy vandag baie lus was om ‘n teller in die bank te help om haar kleingeld, wat sy reg in sakkies gesit het, te tel.
Lees voort “As kleingeld getel moet word …”Dag 2: WRG se 21 dae van dankaarheid uitdaging
Hier is my artikel vir die tweede dag van die Wêreld Raad vir Gesondheid se 21 dae van dankbaarheid uitdaging. Ek het reeds meer oor die WRG in ‘n vorige artikel vertel.
Lees voort “Dag 2: WRG se 21 dae van dankaarheid uitdaging”As ek maar soos die natuur kon wees …
Hierdie foto is in Junie 2019 in die Zhastar park in Ust-kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan geneem. En dit laat my elke keer daaraan dink dat dit goed sou wees as ek maar soos die natuur kan wees.
Lees voort “As ek maar soos die natuur kon wees …”