Om na ‘n Qazaq troue genooi te word

Ons is verlede jaar na 'n Qazaq-troue genooi, die huwelik van een van die dames wat vir manlief in die kantoor werk. Ek is baie lief vir haar, sy is altyd vriendelik as sy my sien, keer my op straat voor en gesels met my in Engels. Hoe lekker is dit nie? Ek wou al … Lees voort Om na ‘n Qazaq troue genooi te word

Stoepbraai op ‘n afstand in grendeltyd in Qazaqstan

Kyk, ek gaan nie sê dat ek nie oor die grendeltyd in Öskemen hartseer is nie. Ek is hartseer en regtig baie. Ons kom so pas uit 'n baie koue, wit winter waartydens dit vir vier en 'n halwe maand lank te koud buite was om buite te stap vir die pret, toe dit selde … Lees voort Stoepbraai op ‘n afstand in grendeltyd in Qazaqstan

As ons krag in grendeltyd uitskop in Qazaqstan

So in die grendeltyd skop ons krag uit. Laterig in die aand, maar nog binne die Qazaqstan werksure, wat van 10 soggens tot tien saans strek. Vreemd is dit nie, ek is gewoond aan 9-5 of 9-6 werksure in Suid-Afrika. Hier is kantoor werksure wel van 8-5, maar winkels is van 10-10 oop. sommiges is … Lees voort As ons krag in grendeltyd uitskop in Qazaqstan

Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix

Gister het ek vertel van sago-poeding en dit het my teruggevat na my kinderjare. My ma het ons s'n met applekooskonfyt gemaak. Ek kan nou nie presies onthou hoe die resep gewerk het nie, maar ek het skielik lus gekry om appelkooskonfyt te maak. En ek weet, mense wat my ken sal dalk giggel, want … Lees voort Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix

Sago in Qazaqstan?

So soek ek die week sago in Qazaqstan. Om die storie te vertel, moet ek egter bietjie agtergrond gee vir die behoefte aan sago, iets wat ek donkiejare laas te ete gehad het. Die naweek hou manlief hom simpel, hy wil hoenderpastei hê. Maar nou moet ek eers verduidelik waarom ek dit as simpel beskou. … Lees voort Sago in Qazaqstan?

Om ‘n Russiese plaatkoekie resep te verstaan …

Ek was goed opgewonde toe ek in A+ Supermark in die nuwe winkelsentrum 'n pakkie ontdek met 'n prentjie van 'n mengsel vir 'n gebak wat ek ken: plaatkoekies (flap jacks). Plaatkoekies in Öskemen, ala Ust'-Kamenogorsk, ons Ust in Qazaqstan. Die resep was agterop in Russies, Engels, Qazaq en Duits. Die Engelse weergawe is werklik … Lees voort Om ‘n Russiese plaatkoekie resep te verstaan …

Heerlike Russiese lawa-poeding: Thermomix

Ons stad raak al interessanter. Aanvanklik kon ek geen bokskoeke en -poedings opspoor nie, alles word hier van resepte af gemaak. En koekbak was een groot gesukkel, want ek moes eers leer wat meel, bakpoeier en koeksoda, gemmer en botter in Russies is. Botter lyk nie soos die botter wta ek ken nie. En toe … Lees voort Heerlike Russiese lawa-poeding: Thermomix