Soms vang ek die kritiek van jonger vrouens op ons ouer vrouens op. Veral as mens saam met hulle kuier.
Etiket: Kazakhstan
So, wat doen ek in Qazaqstan?
‘n Afrikaanse tydskrif het my laas jaar gevra om iets oor ons lewe hier te skryf. Dit sou Junie geplaas word, maar toe tref die virusbeperking die land. Nou verskuif die tydskrif se fokus na Suid-Afrikaanse vrouens. Ek het dit nou teruggetrek.
Braaivleis op eerste dag na grendeltyd in Qazaqstan: ‘n Onwerklike ervaring
Kyk, ek wou myself die afgelope maand in die gesig klap. As ek by die venster uitkyk op ‘n wêreld waar die lente my lok om uit te gaan om die natuur te gaan geniet. Na maande van te koud om buite te wees. Maar ek mag nie. Dan het ek by die venster gestaan met die allerongelooflikste gevoel van ongeloof.
Lees voort “Braaivleis op eerste dag na grendeltyd in Qazaqstan: ‘n Onwerklike ervaring”Dit is dan amptelik … ek is nie ‘n reisiger nie
Toe die aarde nog normaal was, het Sarie my gekontak vir ‘n e-pos gesprek oor die lewe hier in Qazaqstan. Dit sou Junie geplaas word, in die volgende uitgawe van Sarie.
Lees voort “Dit is dan amptelik … ek is nie ‘n reisiger nie”Thermomix Boere Pizza in Qazaqstan
My gesin hou van pizza. Die kleinkinders kan met ‘n Hawain omgekoop word en manlief met ‘n Tika Chicken. Van brand hou ek nie, en ek moet ook van produkte wat van meel gemaak is, wegbly.
Lees voort “Thermomix Boere Pizza in Qazaqstan”Gesplete geel-ertjie frikadelle: Thermomix
Vandat ons hier bly, sien ek die pakke met inhoud wat soos geel pitte lyk op die rakke. Op die pakke staan горох [gorog], wat baie soos marog klink. Die assosiasie met marog het my elke keer vinnig daar laat verbystap.
Lees voort “Gesplete geel-ertjie frikadelle: Thermomix”