Gepubliseer in Reisjoernaal,Resepte,Tegnologie

Thermomix Boere Pizza in Qazaqstan

My gesin hou van pizza. Die kleinkinders kan met ‘n Hawain omgekoop word en manlief met ‘n Tika Chicken. Van brand hou ek nie, en ek moet ook van produkte wat van meel gemaak is, wegbly.

Dus is ek nie regtig ‘n pizza-eter nie. Was op ‘n tyd, voor meel my begin kou het. Iedergeval, ek het al probeer pizza’s maak.

Daardie wat mens by Pick ‘n Pay koop en self gaan bak. Ek vergeet net so bietjie daarvan, want dit is nie vir my lekker nie. Te min bo-op, te min kaas. Ek sit dan maar ekstra mozarella op, maar dit is nie vir my lekker nie.

Ek het ook al verskeie resepte probeer om die deeg te maak. Dan kom dit soos brood uit. Dik kors, iets wat manlief en die kinders afsit. Dus was ek nog nooit met my pizza deeg tevrede nie.

Self het ek nog nie pizzadeeg geknie nie. Vir my ma, wat my probeer leer het om brooddeeg te knie vertel dat ek nie voorarms soos Popeye begeer nie. Dus het ek room gekarring terwyl my ander sus die brode geknie en gebak het …

Buitendien, pizza-eetplekke is oral, lewer selfs af. Probleem is dat ons dit maar liewer nie gaan waag nie, maak maar ons eie kos.

En ek was vreeslik spandabelrig toe ons kos gaan koop het voor die grendeltyd hier in Qazaqstan. Het ‘n hele 10 kg meel gekoop. Genoeg meel vir ‘n baie lang tyd, as dit hoofsaaklik vir brood gebruik word. Kan so baie koop, want hier koop mens meel en gis in groot maat. Dit hou maande lank. Want sien, as mense vasgesneeu is, kan hulle nie gou bestanddele gaan koop nie. 

Waarom boere-pizza? Ek is nie skaam met die bestanddele wat ek bo-oor strooi nie, elke hapvol moet smaaklik wees …

Hier volg die bestanddele vir my boere pizza.

Bestanddele

  • 650 gram koekmeel
  • 10 gram suiker
  • 15 gram gis
  • 10 gram sout
  • 10 gram suiker
  • 320 gram water
  • 20 gram olyfolie (virgin)

Metode

Stel oond op 200ºC.

Voeg al die bestanddele in die maatbeker van die Thermomix. Stel masjien as volg op:

  • Tyd: 20 sekondes
  • Spoed : 5

Die deeg het begin vorm, maar lyk baie korrelrig. Kies knie, en knie die deeg 3 minute lank. Deel die deeg in vier ewe groot dele vir vier pizza’s. Ek het net een gemaak en die ander drie balle in sakkies gesit en gevries. Sal later kan vertel of dit gewerk het.

Sit die bal in ‘n plastiese bak met deksel en laat dit vir twee ure op ‘n warm plek om twee maal die huidige grootte uit te rys.

Kry intussen die bestanddele om bo-op die deeg te strooi gereed. Myne was as volg:

  • 1 hoenderborsie in dun skyfies gesny, voeg speserye na smaak by en braai goudbruin, laat een kant om af te koel
  • ingelegde pynappel in dun skyfies gesny
  • 1 avokado in dun skyfies gesny
  • 1 koppie gerasperde mozarella kaas
  • Tamatiesmoor

Knie die deeg af, bestrooi ‘n plat vlak met meel en sout (die sout gee dit ‘n aangenamer smaak) en rol die deeg dun uit. Ek het ronde tin foelie bakke gekoop, dus het ek die bak op die deeg gesit en die vorm uitgesny.

Sit die deeg in die bak, smeer die tamatiesmoor in ‘n dun lagie oor en strooi die bestanddele wat bo-op gesit gaan word, behalwe die kaas, eweredig bo-oor. Bedek met die pizza met die kaas en bak vir 15 minute sodra die oond die regte hitte bereik het. Hou maar dop, dit kan dalk ‘n langer tyd in die oond benodig.

Geniet dit sommer baie. Ek het al daaraan gedink dat ek as ‘n Russiese spioen kan deurgaan as ek in Suid-Afrika is. Met al die Russies in die produkte wat ek gebruik.

Terloops, die Mozarella het bietjie te bruin gebraai omdat ek nie seker was of die deeg gaar was nie. Dit was egter baie lekker, ek gaan dit in die vervolg weer so maak. Ek sal wel weer bak en dan ‘n foto neem en ook plaas.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Een gedagte oor “Thermomix Boere Pizza in Qazaqstan

  1. Ek mag ook niks van meel gemaak eet nie. En nou eet ons NET gifgoed soos plaatkoekies, vetkoek en mieliepap. Daai pizza klink lekker maar ons het mos nie meer ‘n oond nie.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.