Ek skryf so nou en dan oor die plekke in Almaty waar ons eet. Dan neem ek foto’s van manlief, die kos en moet hy verpligtend ‘n foto van my neem. Want anders is ek die onsigbare metgesel. Agter die kamera. Nooit op foto’s asof ek ook daar was nie.
Lees voort “Urban Coffee Almaty”Etiket: Kazakhstan
En so kry Dusty haar wit nommerplate …
Ons het van die begin af geweet dat Dusty ‘n Russiese dame is, dat sy hier gaan moet agterbly as ons huis toe gaan. Ons het haar hier in Almaty gekoop en ek het van die proses vertel om haar op ons naam te kry. En ons het geweet dat dieselfde proses op ons wag as ons haar verkoop, want sy is nou so bykans drie maande terug in Almaty.
Lees voort “En so kry Dusty haar wit nommerplate …”Middagete by McDonalds in Almaty
Onlangs sien ons dat Almaty ‘n McDonalds het. En ‘n dag later is ons lus vir McDonalds vir middagete. Met Dusty by ons is dit maklik, 10 minute se ry daarheen, 20 minute vir bestel en nog tien terug, dan eet ons sommer by die huis. Oor etenstyd.
Lees voort “Middagete by McDonalds in Almaty”‘n Ode aan spesiale vriendskappe tydens my verblyf in Kazakhstan
Ons gaan oor bietjie meer of minder as drie weke huis toe. En ek voel vandag lus om hulde aan ‘n paar vriendskappe te bring. Vriende wat ek hier in die vreemde ontmoet het, mense wat altyd ‘n plekkie in my hart sal hou.
Lees voort “‘n Ode aan spesiale vriendskappe tydens my verblyf in Kazakhstan”Gelukkig kan 2020 nie reboot nie!
Vanoggend kry ek aanloklike voorstel van die verkopers van een van my webwerwe:
Lees voort “Gelukkig kan 2020 nie reboot nie!”Reboot 2020 en kry 86% afslag
Inkopies vir my hare saam met ‘n Koreaanse vriendin
Toe ons einde Januarie 2020 wildvreemd in Kazakhstan geland het, het die een tolk van Almaty ons gehelp om die week gemakliker om te kry. Sy het vir ons getolk. En so het ‘n band oor internasionale grense heen gevorm. ‘n Vriendskap met een van die jong vrouens van Kazakhstan.
Lees voort “Inkopies vir my hare saam met ‘n Koreaanse vriendin”