Het jy vorige blitssepie van Netwerk24 gekyk? Die Testament. Ek het aanvanklik gedink dit is sommer laf. Hoe kan mens ‘n storie volg as dit elke dag minder as vyf minute lank is?
Etiket: expat
Lente is slush Puppy tyd in Qazaqstan
Interessante naam wat ek en manlief vir hierdie tyd van die jaar geskep het – slush puppy tyd.
Die lekker van vriendinne en kubervriendinne (-vriende)
Ek skryf laas week in my dat ek ‘n kluisenaar is. Net een vriendin op skool gehad het. En een hier. Daarmee het ek ‘n hele klomp vriende te na gekom. Want ek het aan die mense gedink met wie ek baie ure van my lewe om ‘n potjie tee, vroeër koffie en nog vroeër ‘n glas melkskommel gedeel het.
Lees voort “Die lekker van vriendinne en kubervriendinne (-vriende)”
Skandeerder probleme in Qazaqstan
Winkels moet al meer doen om te keer dat produkte sommer net weggedra word. Oral in die wêreld.
Ons identifiseer ons vriendelike Qazaqs
Ek het al vertel dat ons die Qazaqs in die winkels nie as vriendelike mense beleef nie. Inteendeel. Maar ek het ook al vertel dat ons vriendelike verkoopsmense in hierdie stad ontdek het. Vandag wil ek ‘n paar uitsonder.
Lees voort “Ons identifiseer ons vriendelike Qazaqs”Om 38 jaar getroud te wees …
Vandag is ek en manlief 38 jaar getroud. Hierdie foto is ‘n hele paar jaar gelede geneem, ek skat 7-8 jaar gelede. Want ons oudste kleinseun was toe ons enigste kleinseun. Agt en dertig jaar gelede het ons in die Hervormde moedergemeente, Ermelo, beloof om vir altyd vir mekaar daar te wees, of dit nou goed of sleg gaan.
Lees voort “Om 38 jaar getroud te wees …”