Die Covid-19 pandemie het ‘n slegte impak op skole. Nie alleen is skole gesluit nie, maar baie onderwysers sit sonder werk omdat hulle kontrakte het.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
As leerders weet dat juffrou kan brei
Dit is interessant hoe die lewe werk.
As jy ‘n juffrou was.
Thermomix Boere Pizza in Qazaqstan
My gesin hou van pizza. Die kleinkinders kan met ‘n Hawain omgekoop word en manlief met ‘n Tika Chicken. Van brand hou ek nie, en ek moet ook van produkte wat van meel gemaak is, wegbly.
Lees voort “Thermomix Boere Pizza in Qazaqstan”Gesplete geel-ertjie frikadelle: Thermomix
Vandat ons hier bly, sien ek die pakke met inhoud wat soos geel pitte lyk op die rakke. Op die pakke staan горох [gorog], wat baie soos marog klink. Die assosiasie met marog het my elke keer vinnig daar laat verbystap.
Lees voort “Gesplete geel-ertjie frikadelle: Thermomix”Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix
Gister het ek vertel van sago-poeding en dit het my teruggevat na my kinderjare. My ma het ons s’n met applekooskonfyt gemaak. Ek kan nou nie presies onthou hoe die resep gewerk het nie, maar ek het skielik lus gekry om appelkooskonfyt te maak.
Lees voort “Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix”
Thermomix resep vir Russiese lawa-poeding
Ons stad raak al interessanter. Aanvanklik kon ek geen bokskoeke en -poedings opspoor nie, alles word hier van resepte af gemaak. En koekbak was een groot gesukkel, want ek moes eers leer wat meel, bakpoeier en koeksoda, gemmer en botter in Russies is. Botter lyk nie soos die botter wta ek ken nie.