Ek weet nie of jy die nuwe Suid-Afrikaanse advertensie vir die inspuiting (jab) om die pandemie hok te slaan, gesien het nie. Dit is lagwekkend omdat kykers se intelligensie ernstig onderskat word.
Lees voort “Pandemie-advertensie op kykNet onderskat kykers se intelligensie”Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Facebook bal weereens sy vuis vir WhatsApp-gebruikers
Facebook het so pas ‘n tweede ultimatum vir WhatsApp-gebruikers gestel. Anders as die vorige een, waarin WhatsApp-gebruikers verplig is om toestemming te gee dat hulle data met Facebook gedeel word, word hulle die keer verplig om hulle fone op te gradeer of op te dateer om na 1 November 2021 steeds die geselstoep te gebruik.
Lees voort “Facebook bal weereens sy vuis vir WhatsApp-gebruikers”Uitsig vanaf Tafelberg, Suid-Afrika
Alhoewel ek my lewe lank in Transvaal (wat na 1994 verdeel is in Mpumalanga, Noord-Wes, Limpopo en Gauteng) gewoon het, is ek baie lief vir die Kaap provinsie (wat na 1994 verdeel is in Die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap). Meer spesifiek die Wes-Kaap en veral die gebied in en om Kaapstad, hoofstad van die Wes-Kaap.
Lees voort “Uitsig vanaf Tafelberg, Suid-Afrika”Ouma se hart se puntjies in die Wes-Kaap
Drie van my hart se vier punte – wat net deur kleinkinders gemaak kan word – het na die Wes-Kaap verhuis. Toe ek en manlief die virus onder lede gehad het, in Kuruman moes bly en nie kon groet voor hulle die lang pad aangedurf het nie. En dit het ‘n kuier in die Wes-Kaap vereis, want ek moes my kleinseuntjies sien.
Lees voort “Ouma se hart se puntjies in die Wes-Kaap”Van 6 tot 18 in een maand … my yster
Ek het vertel dat my ystervlakke in my bloed laag gemeet het. Toe wou ek nie die getal neerskryf nie, want dit was baie, baie laag – aldus my verpleegster suster.
Lees voort “Van 6 tot 18 in een maand … my yster”Bloedstollende oomblikke as ek kleinseun oppas
Gister middag bel skoondogter, kan ma asseblief gou na kleinseun kom kyk, ek moet ingaan werk toe. Sy werk al sedert die eerste inperkings van die huis af, kleinseun is een gelukkige kind. Daarom kan die inperkings vir hierdie ouma-hart maar vir altyd aanhou.
Lees voort “Bloedstollende oomblikke as ek kleinseun oppas”