Ek het vertel dat my ystervlakke in my bloed laag gemeet het. Toe wou ek nie die getal neerskryf nie, want dit was baie, baie laag – aldus my verpleegster suster.
Volgens haar behoort ek te sukkel om regop te bly met so ‘n lae ystervlak. En ja, dit was juis klagte by dokter: dat ek baie moeg is, eintlik meer kragteloos.
Nou kan ek maar vertel, die skrik is verby. My yster het 6 gemeet, moet bo 13 wees.
Ek het toe geskryf dat ek twee yster drups moes neem, een week uitmekaar. En ysterpille verder moes drink om die vlakke op te skuif.
Verlede Donderdagoggend is ons na die laboratorium, manlief se suiker en so aan moet gemeet word. En my yster. Ons twee vra toe ook sommer dat ons teenliggaampies getoets word …
Want sien, ek het dit nog nie een keer in ‘n artikel genoem nie, maar ons twee het begin Julie 2021 toe wel die virus opgetel en afgeskud. Ek wil nie oorwin skryf nie. Net afgeskud. Want sien, die slimgriep gaan nie maklik afgeskud word nie, hy gee heeltemal te veel mag.
Ons wou weet of ons teen die virus gepantser is. Deur ons eie liggame se vegters, wat ook as teenliggaampies bekend staan.
Maandagoggend kry ek die oproep van die dokter.
My hemoglobienvlak is mooi. Dankie tog, dit is die manne wat suurstof by elke deeltjie van my lyf moet laat uitkom.
My ystervlak is mooi, het na 18 opgeskuif. Dankie tog, dit is die manne wat die suurstof dra. Dit nou nadat ek ook pruimedante, gedroogde perskes en lewer geëet het. Mag ek vertel dat ek sukkel met die lewer? Koekies werk ook nie vir my nie.
Ek het die naweek vir my man gesê ek dink my yster is op. Want ek het die afgelope week of twee nie meer so koud gekry nie.
En dan die beste nuus. My en manlief se liggame het teenliggaampies gebou.
Het jy geweet dat die uitslag baie belangrik is? Het jy al laat toets as jy die virus onder lede gehad het? Ek moet nou net eers weer al die feite gaan lees voor ek vertel wat ek weet, maar vir nou is dit belangrik om die dokument te koester.
Hooffoto: Lugfoto Sondagmiddagaand deur die poort van ‘n Kulula vliegtuig. Ons het deur die wolke oor George gebreek en ek moes my foon uitpluk om te kiek. Pragtig verby. En dit is hoe ek op die oomblik voel, grlukkig in die wete dat my lyf haarself kan herstel.
Dit is alles goeie nuus, Christa.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Anne, ek het mos die geneigdheid om te stress en nou kan ek ontspan.
LikeLiked by 1 person
Fantastiese nuus. Mag jy nou sommer ‘n hele klomp akademiese artikels produseer. Lekker werk!
LikeLiked by 1 person
Hi San, ek sukkel, dalk moet ek ander temas kies … drie loop langs mekaar …
LikeLike
Dis nou goeie nuus, Christa! Nou kon julle lekker kuier in die Kaap!!
LikeLiked by 1 person
En was dit nie heerlik nie. Ons twee is opgekuier, maar liefdestenks is vol.
LikeLike
💕
LikeLike
Liewe Christa
Ek is so bly dat jou liggaam reageer.
Het Suid -Afrika na normaal teruggekeerd, of is u steeds in Lockdown? Ons is steeds in lockdown. Ons kry eers in Desember toegewings vir inentings
LikeLiked by 1 person
Hallo Andrew
Liewe is a very nice Afrikaans word, I appreciate it. Yes we are, level 2. They predict it will be in lock down until end of February next year. We have local elections in November, and the state thought they can postpone it to March. They lost the case in court. If we can go to shops, we can vote in open spaces. They are also talking about vaccinations – and vaccinating 67% of the population.
LikeLike
Liewe Christa, so pretty much the same,we are aiming for 80%. They have postponed our Local Elections which should have been last month. As older Australians we have not used Public Transport in months and are keeping to our Council Area and a 5 km limit,as the Local MP advises. I really miss going to the Parks further afield.
Keep safe.
LikeLike
Dear Andrew, I can believe that. We are not restricted to certain areas, and I can understand that it must be frustrating as you have wonderful places near you. When will they relax the laws?
LikeLike
Supposedly mid October but they keep postponing the date.
LikeLiked by 1 person
Dis baie goeie nuus Christa!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Aletta.
LikeLike
Saam met julle dankbaar, Christa!!
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin.
LikeLike
Ek is bly, bly, bly! Bly oor jou yster! Bly oor jou teenliggaampies.
Ek het myne ook laat toets en het ‘n goeie uitslag gekry. Maar het my tog maar laat ent om my kinders van my lyf af te kry. Want selfs húlle hoor nie teenliggaampies nie, net ent ent ent terwyl jy, as jy die siekte self gehad het, beter gepantser is as met die ent. Nou ja, mense word so gebreinspoel. Maar nou het ek die ent en wil ek loop toer!
LikeLike
Ai Toortsie, ek is dankbaar jy is veilig daardeur.
LikeLiked by 1 person
Jy ook!
LikeLiked by 1 person