Soms herinner my iPad my aan foto’s wat ek in Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk in Kazakhstan geneem het. En dan kan ek nie help om verras te staan nie. Omdat ek Ust (ons troetelwoord vir die stad) eintlik as super oud en glad nie modern onthou nie.
Lees voort “Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan”Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Ek voel soos ‘n reus …
Vanoggend soek ek ‘n foto om vir Nowathome te wys nadat sy ‘n foto van Club Mykanos se donkie geplaas het. En kry dit nie met die soekfunksie nie, ek sal deur al die foto’s moet gaan om dit te kry.
Lees voort “Ek voel soos ‘n reus …”Bosch … is haar naam …
Ek het nie voorheen die beste masjiene op die mark vir wasgoed en klere en skottelgoed gekoop nie. Hoofsaaklik omdat huishulpe dikwels daarin slaag om enige masjien die gees te laat gee.
Lees voort “Bosch … is haar naam …”My woefkinders se skuiling teen die reën
Ek het al vertel dat my woefkinders buite moet slaap dat ons kan slaap. Hulle voetjies tik-tik-tik op die gelamineerde vloere en dan kan ons nie slaap nie.
Lees voort “My woefkinders se skuiling teen die reën”Bestelling? Ons is (nie) stoffeerders (nie)
Ek het al vertel dat ons ons baie groot dubbelverdiepinghuis verruil het vir ‘n piepklein meenthuis. Wel, die skuif het veroorsaak dat baie van ons meubels geberg moes word. Die eetkamertafel en stoele wat ons laat maak het, kon na ons seun se huis gaan.
Lees voort “Bestelling? Ons is (nie) stoffeerders (nie)”BB, ek en antibiotika
So week gelede kom ek agter dat een van my drie Miniatuur Schnauzers diaree het. Want ek doen die optelwerk elke liewe dag. Kleinkind bly mos Maandae en Vrydae by hierdie ouma van hom.
Lees voort “BB, ek en antibiotika”