Ek moet eerlikwaar skryf dat ek nie weet hoe ek dit reggekry het nie, want ons kleinseuntjie het sy ouma pootuit gespeel. Maar daar is dit nou, die tweede artikel vir 2022 is gepubliseer – net-net betyds om vir 2022 te tel.
Lees voort “Tweede artikel vir 2022 gepubliseer: Genade!”Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Kleinkind, ek en tuinslakke
O my goeiste, as daar een ding is wat vir my baie grillerig is, is dit ‘n tuinslak. Vir my is die enigste goeie tuinslak ‘n dooie een.
Lees voort “Kleinkind, ek en tuinslakke”Afrikaans, my taal, is snaaks!
Ek lief my taal, en ek is altyd verstom oor hoe vinnig ons mense grappe oor redelik ernstige sake kan maak. Soos die “waarheid” wat Charlize Theron vertel het, naamlik dat net 44 mense in Suid-Afrika Afrikaans praat.
Lees voort “Afrikaans, my taal, is snaaks!”Oplettende kleinseuntjie … rainbow
So sit ons verlede week op die stoep van ons meenthuis in Centurion en gesels, terwyl kleinseun by die deur uit is buitentoe.
Lees voort “Oplettende kleinseuntjie … rainbow”Woefkinders ontmoet Stilbaai se see …
Ons is vir die week by die see. Manlief werk van die huis af en ek maak reg vir Desember. Dit is nou die vyfde keer by die see, maar die eerste keer wat die woefkinders saamkom …
Lees voort “Woefkinders ontmoet Stilbaai se see …”Ekke in die 1980’s …
Hierdie ene vorm weer deel van ‘n uitdaging.
__________________
Ai Una, my foto’s is in Suid-Afrika, ek gaan kyk wat ek kan kry op my wolk.
Ons het iewers foto’s bymekaar gemaak vir my pa se 80ste verjaarsdag. En ek het so paar foto’s uit album afgeneem toe ons onlangs in die RSA was.
My troufoto’s is in die tagtigs geneem, 30 Januarie 1982 om presies te wees. Hier is ek saam met my vier susters.

My ma het ons almal se rokke gemaak. Dié susse wat getrou het s’n ook. My dogter is in die 1980’s gebore. 2 April 1983 om presies te wees.

‘n Dollatjie wat nie van slaap gehou het nie. Daarom sit ek hier nog in my nagkabaai, met hare wat permanent gekrul om ons twee vinniger gereed vir skool te kry!
Hier het ek darem ‘n skafliker haarstyl. Manlief hou van kort, ek bederf hom soms, net soms.

Hierdie foto is ook in die 80’s geneem. Seun se doop. Hy is op 14 Desember 1987 gebore. Sou dus Januarie 1988 gewees het.

Ek het my en dollatjie se rokke gemaak. En die wit pakkie wat boeta later die dag aangetrek het.

Een van die min kere wat ek geel gedra het. Daardie tyd was geel hoog mode.
Hoop dit help, Una?