Gepubliseer in Joernaal,Resepte

Ek ontdek toe nie gemmerkoffie nie

Ek was aan koffie verslaaf. Regtig. Ek het agt en meer koppies koffie per dag gedrink. Nie sterk nie, maar met genoeg melk en geen suiker nie. Ek dink dit het my deur juffrou-wees gehelp.

Daarom was ‘n koffie cappacuno my gunsteling drankie as ons uiteet. En het ek geleer om die skuim self te maak sodat ek dit by die huis ook kan drink. Van koffiemasjiene het ek niks gehou nie, want ek haat die bitter smaak van sterk koffie. En om die regte sterkte te kies is eenvoudig net te veel van ‘n beslommernis.

Ek haqt sterk koffie.

Seker Gawie se skuld? Of Cheryl s’n? Ons drie was in Port Elizabeth vir ‘n jaarvergadering van die Universiteit van Vista. Toe drink ons koffie op die stoep van die hotel. En toe bestel hulle vir my een of ander koffie. Dit was so sterk dat ek verskeie bekers melk gevra het om dit klaar te kan drink. En daarna weier ek sommer om sterk koffie te drink.

Ek drink sedet my kinderjare nie suiker in my koffie nie. My ma het geen suider gedrink nie. Ek het soos my pa 5 lepels ingegooi en nog so ‘n happie vir die mond. Toe daag my tweede sus my uit om suiker te los, maar dit was moeilik. En vertel ek vir my haar my pa roep my. Sodra sy weg is, het ek die suiker ingegooi, die lepel gewas en lekker gedrink. Maar toe merk sy onraad. Waarom drink ek dit so sonder ‘n probleem? Wel, nadat sy myne wou proe, het sy elke keer bygestaan tot ek klaar gedrink het. En die res is geskiedenis, ek drink sedert standerd twee of drie geen suiker in my koffie nie.

So drie jaar gelede begin ek erge simptome ontwikkel as ek melk in enige vorm inkry. En moet ek my koffietand trek. Want swart koffie – hoe flou ookal – is net te sleg. Altans vir my.

So maand gelede besluit ek dit is dit. Ek het krag nodig, kleinkind is besig en ouma rak agter. Dus mis ek my koppie koffie woema. Selfs ‘n 1/4 teelepel swart, bitter koffie is egter net te sleg. Maar ek druk deur.

Toe ek die derde dag afbuk om die koffie raak te vat, sien ek my bottel gemmertee raak. Dit is daardie soort wat mens by Dischem en ander plekke kan koop. Met heuning. Dus is dit sulke klein geel balletjies soeterige gemmer.

En ek neem die besluit … dit gaan in my koffie in!

Die smaak was die heerlikste verrassing. Onteenseglik koffie, ruik soos koffie, maar is ook nie koffie nie. Soeterig, maar glad nie suikersoet nie. Gemmerig? Kan nie regtig vertel nie.

En dit is juis die lekker daarvan. Ek weet ek het ‘n teelepel goeie gemmertee in, sonder dat ek dit moet afwurg. Want om een of ander rede kan ek net nie daardie tee so skoon drink nie. Ek meng dit saans met rooibos- en groentee en so aan om ‘n heerlike dankie te maak voor ons gaan slaap. My kinders begin ook daarvan hou!

Iedergeval, toe ek vanoggend begin skryf om daarvan te vertel, soek ek foto op die internet. En so wraggies, daar moet ek lees dat dit nie vreemd is nie. Want almal kyk my baie skeef aan as ek vertel dat ek gemmer in my koffie gooi. Mens doen dit nie met koffie nie is op hulle lippe sonder dat hulle dit uitspreek.

Die mense van Viëtnam doen dit. Maar, hulle maak selfs cappacuno’s so. En die soort koffie het selfs ‘n naam, naamlik cà phê gừng. En kyk net – hulle beskryf dit sowaar beter as ek:

Ginger coffee is an intriguing hot beverage with intensity and aroma from coffee as well as mild fragrance and heat from ginger.

Terwyl ek my oggendkoffietjie drink, besef ek dit is presies hoe dit proe. Die gemmer byt so effens op my tong, maar net effens.

Kyk ek na die resepte, sien ek dat hulle gemmerpoeier ingooi. Ek het dit al probeer toe my gemmertee op was, maar dit is glad nie dieselfde nie. Soos glad nie! Die gemmer los mos nie op nie en dryf bo. My koffie lyk soos gewone swart koffie.

En is dit dan ‘n koffie met ‘n byt?

Nee wat, die byt is sag, ‘n fluistering van ‘n byt, dit is sommer net aangenaam heerlike gemmerkoffie.

Ek is sommer teleurgesteld natuurlik. Ek dog ek is die eerste mens wat dit doen. Toe nie, maar ek is baie seker dat min van my vriende wat hier lees al doer in die verte gaan kuier het. Nou ja, dan is dit ‘n eerste vir almal van julle.

Ek kan dit aanbeveel – veral in die winter. Gemmer is regtig goed vir mens. En nou kry ek so drie keer per dag ‘n koppie boeretroos in … met ‘n skop!

In ‘n volgende skrywe gaan ek meer oor die voordele van gemmer moet vertel. Ek drink dit sommer net vir die lekker en natuurlik ook omdat dit winter is. En natuurlik omdat ek in Kazakhstan geleer het dat mens lekker met tee kan speel – en dat tee nie regtig tee is voordat jy tee saam met die Kazakhs gedrink het nie. Nou is koffie ook nie net koffie nie?

‘n Vinnige loer wys dat daar soveel voordele is dat ek dit nie nou kan of wil neerpen nie …. Ek Googel mos nie meer nie, ek verkies ‘n webblaaier wat nie al my inlgting so ondertussen steel nie. Dus Safari ek – of Firefox ek. Maar Google is so negentien-toet!

Iedergeval, ek sit vanoggend en speel met woorde vir my gemmerkoffie.

Koffer sou nie werk nie, dit is iets heeltemal anders. En die gemmer gaan die koffer dalk juis bietjie die toekoms instoot … dat ek nie so gou omkap nie.

Goffie? Gemfie?

En toe besluit ek dat gemmerkoffie mooi is en nuut is.

Al is “ginger coffee” in Safari intik om prente te soek, kry ek sowaar ginger coffee wel ‘n Engelse woord op die internet …

Dus volstaan ek met gemmekoffie.

Dit is presies wat dit is.

En ‘n mooi nuutskepping dink ekke, maar ek gaan eers moet opsoek. Kan net nie dink dit is in die woordeboeke nie, almal dink ek is koekoes met die koffie.

Beslis nuut in Afrikaans.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Ek ontdek toe nie gemmerkoffie nie

  1. I must try it,I have had a plain Ginger Latte, which are very nice.
    What kind of coffee have you been drinking? There are some bitter ones here Greek or Arabic but we use Moccona which has different grades of strength. I USE 1/2 spoon.
    I gave up suger when I was 8 due to rationing.

    Liked by 1 person

  2. Gemmerkoffie … jy drink dus ‘n kombinasie van koffie en tee in koppie … baie interessant! Ek is glad nie ‘n koffiedrinker nie (maar onthou toe ek klein was en my pa ons in die veld ingevat het om ons van al die plante en klippe te leer, het hy altyd ‘n bottel swart koffie, klein blikkie kondensmelk en blik bekertjies gehad, dan kon ek en my ouboet hiervan drink “rustyd” in die veld … dit was die lekkerste lekker)!
    Maar jy leer my beslis iets nuut … en ek hou van gemmer … dalk moet ek die koffiekan nadersleep en kyk …

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.