Vandat die SARS-CoV-2 virus in Sjina ontstaan het, word ek gebombardeer met grappe en spotprente en spottende teks oor die virus wat vinnig oor die grense van Sjina na ander dele van die wêreld versprei het.
Kategorie: Reisjoernaal
Charyn Canyon in Qazaqstan: ‘n moet ervaring
Ek voel so bietjie skaam om te noem dat ek Geografie 3 agter my naam het omdat ek, toe ons in Januarie 2019 besluit het om Qazaqstan toe te kom, so min oor hierdie land geweet het. Dan kan ek myself darem verweer dat Qazaqstan tot Desember 1991 agter die ystergordyn versteek was en dat ons die destydse Soviet Unie as een groot landmassa beskou het. Qazaqstan was maar een van die aanhangsels, die fokus was op die huidige Rusland, met Moskou as die hoofstad. Ons het nie eens geleer dat Almaty die hoofstad van Qazaqstan is nie omdat Qazaqstan in die groot massa opgeneem is.
Sneeuspykers: die lekker wat ek nie wou toets nie
As die temperatuur laer as -15ºC raak, weier ek om uit te gaan. Dit was laas jaar blykbaar gereeld laer as -20ºC. ‘n Onmenslike temperatuur om buite te wees. My oogballe word dan selfs koud. En lank nadat ek terug in die huis is, voel ek dit steeds as ek my ooglede toemaak. Die ysige koue oogballe, so koud dat dit my ooglede koel maak.
Lees voort “Sneeuspykers: die lekker wat ek nie wou toets nie”
Dit is ys en nie klippe nie …
Ons woon nou 10 dae langer as ‘n jaar in Öskemen. In die tyd het ek geleer hoe warm dit hier kan wees, maar beslis ook hoe koud dit hier kan wees. Koud is baie erger as warm, ons het al -38ºC beleef. En raai wat, ten spyte van my vrese dat ons in yspilare gaan verander, het ons nie.
Papierpoppe is terug!
Ek en die towerinne gesels iewers verlede jaar oor ons kinderdae en toe onthou ons spesifiek hoe lekker ons met papierpoppe gespeel het.
Rit op ‘n “snow mobile”
Ek is nogals so bietjie avonluurlustig. Bietjie. Regtig.
Ek het op ‘n plaas grootgeword en perd gery. Bloots ook. Dit is vir my baie veiliger as ‘n stiebeuel wat kan breek. Soos myne een keer gedoen het.