Vanoggend herinner my iPad my aan ‘n foto, wat verdere herinneringe meebring. ‘n Vorige keer ‘n soortgelyke foto geneem – op ‘n ander piek van die aarde, ander berg/reeks, ander halfrond, ander klimaat, ander land, ander lewe.
Lees voort “10 000 km uitmekaar – op twee pieke van die aarde”Kategorie: Reisjoernaal
Wolkekrabbers in Dubai
Manlief het my in Augustus 2018 met ‘n besoek aan Dubai verras. Vir my verjaarsdag. Ek het soveel foto’s geneem, maar vandag herinner my iPad my aan hierdie spesifieke ene.
Lees voort “Wolkekrabbers in Dubai”Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan
Ons het mos 18 maande lank in Ust’ Kamenogorsk of Öskemen in die noordooste van Kazakhstan gebly omdat manlief in die hoofstad van die oostelike provinsie gewerk. Naby die grens met Rusland (noord), Mongoloë (oos) en Sjina (oos). Laaste drie maande in Almaty. En vandag herinner my iPad my aan hierdie foto van ‘n spanbou.
Lees voort “Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan”Terug in Suid-Afrika waardeer ek klein goedjies
En dan vra julle hoe ek in Kazakhstan oorleef het?
Ons het 18 maande in Kazakhstan gewoon. In Ust’-Kamenogorsk (Russies) of Öskemen (Kazakh), die hoofstad van die Oostelike provinsie, wat eintlik eerder noordoostelike Kazakhstan is, want ons het baie naby aan die grens met Rusland, Sjina en Mongolië gewoon.
Lees voort “En dan vra julle hoe ek in Kazakhstan oorleef het?”
Sien jy die ondier in die rots by Boesmansgat?
Ek het vanoggend geskryf oor ons besoek aan Boesmansgat en gevra of jy ook die dier in die rots kan sien. Wat natuurlik veroorsaak het dat mense ‘n regte dier gesoek het omdat ek die vraag vaag gestel het.