Ons het 1983 tot 1994 en weer 1996 tot 2005 in Welkom gewoon. ‘n Stad wat gereeld deur aardbewings geteister word.
Daarom was ek erg verras toe ons Sondag in Colesberg sit en wag dat ons gebreekte sleepwaentjie herstel word. En hoor dat daar ‘n aardbewing in Benoni was wat – raai net wat – in Centurion gevoel kon word. Goeie aarde, dit het herinneringe aangejaag.
Ons het November 1983 na Welkom getrek toe manlief sy eerste pos op die myn gekry het, pas afgestudeer as mynbou-ingenieur. Ons bietjie meubels was skaars afgelaai, toe ons op die mat in die sitkamer gaan lê, met dollatjie en ons wit poedel by ons. Sy was nog nie twee nie.
Ek het Geografie 3 gehad, en aan Tuks geleer van hierdie jongste stad in Suid-Afrika, wat geen robotte of sirkels het nie. Mense het ons gewaarsku teen stofstorms wat so erg word dat jou kar se ligte en die straatligte sommer self aangaan in die middel van die dag.
Niemand het daaraan gedink om ons teen aardbewings te waarsku nie, ook nie my Geografie dosente nie.
Die volgende oomblik het ons huis geskud, die vloer onder ons het geskud, goed het in bokse geskud wat nog uitgepak moes word. Ons was lam geskrik.
En het uit die huis gevlieg. Buite was dit stil, jy kon niks hoor of sien wat anders is nie. Binne het die huis ‘n rukkie geskud en toe stil gestaan. Geen skade nie.
Maar, daar is huise in Welkom wat sulke diep barste in mure het dat mens deur die muur kan kyk, as gevolg van aardbewings.
Ons het mettertyd daaraan gewoond geraak, en in die klas op die eerste verdieping van al die skole waar ek skool gehou het (Welkom High, Welkom Gimnasium, Harmonie Hoër) later skaars geskrik as die mure begin ratel, die tafels ratel en die nuwe kinders in die area verskrik na my kyk.
Ek sien die grootte in 1994 was toe ons raai waar – in Benoni van alle plekke – gebly het. Juis daar waar die onlangse skudding was.
Al het daar al ‘n woonstelblok in Welkom inmekaar gesak. As ek reg onthou, was daar geen lewensverlies nie. Dit was voor jy tyd, 1978 of 1979. Nee, dit was toe 1976, toe ek nog op skool was.
Interessant dat ons dit nie in die Geografie klas hanteer het nie. Dalk omdat daar toe nie internet en sosiale media was om die nuus landwyd te versprei nie?

Ons was gewoond daaraan.
Hier is so bietjie nuus oor Welkom se aardbewings, die groteres wat nuus gehaal het. Kleintjies kom gereeld voor.



Ek het nou bykans twee dekades laas ‘n aardbewing beleef. Gevoel hoe die aarde skud, en so effens onvas op my voete gevoel. Ek wonder of seun dit in Centurion gevoel het? En onthou het? Ek moet tog vra.
Ek het dit misgeloop.
Mis ek dit? Gits nee, ek dink ek sal nou weer skrik ek die aarde voel beweeg … Dit is nie ‘n aangename gevoel nie. Ons het net daaraan gewoond geraak. Het jy gelees hoeveel kleiner skuddings Welkom per jaar beleef?
Ek het as kind die groot aardbewing van Tulbagh beleef. Onthou dit nog duidelik.
Ook heelwat terwyl ons in New Zealand gekuier het.
LikeLiked by 3 people
Goeie aarde, daardie was groot ene. Wonder hoeveel was dit op die Richterskaal?
LikeLike
In 1968, my eerste jaar van skoolhou in Brakpan. Loseer by mense. My slaapkamer is in die middel van die huis(nie vensters nie, want kamers is almal rondom my kamer aangebou) Oggend nog donker beweeg daardie kamer van my. Skrik my uit my vel uit.
Die oom sê: “Moenie worry nie. Dis net maar ondergrondse mynstortings.” Die Rand en Welkom se aardbewings is maar net grondstortings! Ek weet van die Tulbach aardbewing. Jy moet hier kom voel hoe ‘n regte aardbewing voel. Sug, het mens die een lekker ding dan is daar wel weer ‘n ander een wat nie te lekker is nie.
LikeLiked by 3 people
Ek het nog nooit ‘n aardbewing ondervind nie – dis dalk ‘n goeie ding, is dit nie? Wel stofstorms waar jy jou motor se ligte oor middagete moet aansit om te kan sien waar jy moet ry – in Alexanderbaai waar ek groot geword het. Ek dink ek kies stofstorms bo die aardbewings 🙂.
LikeLiked by 1 person
Jy weet dan. Alhoewel stofstorms vuil is en adbewings skoon …
LikeLiked by 1 person
Ons het so dieselfde tyd op Welkom gebly. My man ook by die myn. Stofdtorms was volop. Kan nie onthou van aardbewings nie. Aarfbewings bly maar skrikwekkend.
LikeLiked by 1 person
Regtig, Trommeltjie, ek sal WhatsApp, dalk ken die manne nog mekaar. Ek was juffrou …
LikeLike