Ek het al vertel dat ek ‘n Bybel toep gebruik om die Bybel in een jaar deur te lees. Hier is die skakel daarheen. Wel, ek is in die peilvlak, minder as een maand oor om die doel te bereik. Dit was aanvanklik moeilik omdat ek saans wou lees.
Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Foto-uitdaging – Natuurlike lig
Appeltjie deel vanoggend haar pragtige foto’s van natuurlike lig wat sy geplaas het in antwoord op ‘n bloguitdaging. Toe herinner dit my aan die twee foto’s wat ek Sondag geneem het. Die titelfoto en hierdie ene.
Maaier-Maandag
Verskoon hierdie storie. Dit is die eerste keer in my lewe wat so iets met my gebeur. En ek het so gesukkel om daarvan ontslae te raak, dat ek dit net moes neerpen.
Verdomde Vlieënde Vlermuise
Liewe Persoon skryf oor hoe sy iemand moes red van VVVs, die goed met Vlerke, Voelers en Vere. My VVV is baie meer spesifiek – Verdomde Vlieënde Vlermuise …
Foto-storie #4
Hierdie foto herinner my aan een van die eerste naweke in Kazakhstan toe ons na die inperkings uit ons woonstelle kon gaan.
Die spore wat ons los … Voortrekkers se nuwe lied
Ek was ‘n Voortrekker, in die hoërskool. Alhoewel my skool, Ermelo Hoërskool, baie groot was met 1200 leerders en ongeveer 10 matriekklasse, het EHS nie Voortrekkers aangebied nie. Ons moes na die tegniese skool – Ligbron – gaan vir Voortrekkers. Ek was dan ook Voortrekkeroffisier vir die kleintjies.
Lees voort “Die spore wat ons los … Voortrekkers se nuwe lied”