Gepubliseer in Joernaal

Foto-uitdaging – Natuurlike lig

Appeltjie deel vanoggend haar pragtige foto’s van natuurlike lig wat sy geplaas het in antwoord op ‘n bloguitdaging. Toe herinner dit my aan die twee foto’s wat ek Sondag geneem het. Die titelfoto en hierdie ene.

Sommer so vinnig deur die oop ruit van die bakkie geneem. Want ons was in een van die berugte hoofstrate van Kuruman.

My foon kon uit my hand verdwyn. Net so woeps-waps!

Die son het bo-oor die wolk geskyn, ‘n helder silwer lig het aan die bo- en regterkant van die wolk gestraal. Ek wou dit vasvang – die intense lig.

Toe ek die derde foto wou neem, was die silwer randjie skoonveld. Ek het toe werklik sekondes gehad om die wolk af te neem.

Tuis kry ek die verrassing van my lewe. Die silwer blink toe nie so pragtig soos ek gesien het nie.

Maar aan die bokant van die wolk het ‘n dynserige skadu gewys. So amper asof die Kunstenaar dit geteken het.

Ek dink mense weet ek is gek oor wolke, op universiteit het my kamerarol bykans slegs foto’s van wolke bevat. Hierdie een is vir my uitsonderlik, het julle al so iets afgeneem?

‘n Kunswerk van God.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Foto-uitdaging – Natuurlike lig

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.