Gepubliseer in Joernaal

Laai nuwe vertaling van Bybel gratis af

Ek het al vertel dat ek ‘n Bybel toep gebruik om die Bybel in een jaar deur te lees. Hier is die skakel daarheen. Wel, ek is in die peilvlak, minder as een maand oor om die doel te bereik. Dit was aanvanklik moeilik omdat ek saans wou lees.

Maar saans het ons soveel dinge om te doen dat ek nie ‘n spesifieke tyd kon uitsit nie. Toe verander ek dit na oggend-roetine. En dit maak soveel beter sin. Om te lees wanneer manlief werk toe ry. Of oor naweke wanneer ek my koppie koffie in die bed drink.

Verlede week herinner die kerkbrief ons daaraan dat ons ‘n Suid-Afrikaanse Bybel toep kan aflaai. Om die nuwe vertaling van die Bybel in enige van die 11 Suid-Afrikaanse tale af te laai. Ek het zulu op universiteir geneem, tot op tweedejaarsvlak. Ek wonder of ek iets in die Zulu-weergawe sal verstaan. En ja, ek dink ek sal. Ubaba (Pa/vader) is beslis een van die woorde wat ek sal herken.

Die toep lyk so: BibleSA

Ek het die toep afgelaai en heerlike verrassings gekry.

Die eerste bladsy lyk so:

Klik links bo op die hamburger-kieslys (dit is die regte benaming) en kies My Biblioteek. Kies dan die Bybel wat jy wil aflaai.

Klik op laai teks af om die Bybel af te laai. Jy kan meer as een weergawe van die Bybel aflaai om te lees.

Bo in die middel kan jy sien watter deel van die Bybel jy lees, dit maak by Genesis 1 oop, en ook watter weergawe. Hier is die 2020-weergawe.

As jy op die hoofstuk deel klik, maak die bladsy oop waar jy ‘n ander deel van die Bybel kan lees. Klik op OT en NT om die Bybelboeke te sien.

As jy op die boek klik, kan jy hoofstukke kies.

Hoe oulik is dit net nie? Kan, net soos met die internasionale toep, my Bybel in Afrikaans lees.

Klik weer op die hamburger en My Bybel.

Klik dan op die AFR20 bo in die middel van die bladsy. Kies dan die AFR33 of AFR83 weergawe (as jy dit afgelaai het, anders moet dit eers afgelaai word).

Klik aan die regterkant bo op die blou luidspreker en dan kan jy na hierdie twee weergawes van die Bybel luister.

Sodra jy op die luidspreker klik, kan jy die rus, vorentoe en agtertoe funksies van die musiekspeler ook gebruik.

Is dit nie absoluut wonderlik nie?

Ek oorweeg om, sodra ek met die huidige taak om die Bybel in een jaar klaar te lees, klaar is, so na die Bybel te luister. Die dele wat ek graag weer sou wou lees.

Wat ‘n voorreg om na die Bybel te kan luister ook.

In my taal – en in elke taal van ons land.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “Laai nuwe vertaling van Bybel gratis af

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.