Ek het al vertel dat ons ons baie groot dubbelverdiepinghuis verruil het vir ‘n piepklein meenthuis. Wel, die skuif het veroorsaak dat baie van ons meubels geberg moes word. Die eetkamertafel en stoele wat ons laat maak het, kon na ons seun se huis gaan.
Lees voort “Bestelling? Ons is (nie) stoffeerders (nie)”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
BB, ek en antibiotika
So week gelede kom ek agter dat een van my drie Miniatuur Schnauzers diaree het. Want ek doen die optelwerk elke liewe dag. Kleinkind bly mos Maandae en Vrydae by hierdie ouma van hom.
Lees voort “BB, ek en antibiotika”Pandemie-advertensie op kykNet onderskat kykers se intelligensie
Ek weet nie of jy die nuwe Suid-Afrikaanse advertensie vir die inspuiting (jab) om die pandemie hok te slaan, gesien het nie. Dit is lagwekkend omdat kykers se intelligensie ernstig onderskat word.
Lees voort “Pandemie-advertensie op kykNet onderskat kykers se intelligensie”Uitsig vanaf Tafelberg, Suid-Afrika
Alhoewel ek my lewe lank in Transvaal (wat na 1994 verdeel is in Mpumalanga, Noord-Wes, Limpopo en Gauteng) gewoon het, is ek baie lief vir die Kaap provinsie (wat na 1994 verdeel is in Die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap). Meer spesifiek die Wes-Kaap en veral die gebied in en om Kaapstad, hoofstad van die Wes-Kaap.
Lees voort “Uitsig vanaf Tafelberg, Suid-Afrika”Ouma se hart se puntjies in die Wes-Kaap
Drie van my hart se vier punte – wat net deur kleinkinders gemaak kan word – het na die Wes-Kaap verhuis. Toe ek en manlief die virus onder lede gehad het, in Kuruman moes bly en nie kon groet voor hulle die lang pad aangedurf het nie. En dit het ‘n kuier in die Wes-Kaap vereis, want ek moes my kleinseuntjies sien.
Lees voort “Ouma se hart se puntjies in die Wes-Kaap”Van 6 tot 18 in een maand … my yster
Ek het vertel dat my ystervlakke in my bloed laag gemeet het. Toe wou ek nie die getal neerskryf nie, want dit was baie, baie laag – aldus my verpleegster suster.
Lees voort “Van 6 tot 18 in een maand … my yster”