Ons is verlede jaar na ‘n Qazaq-troue genooi, die huwelik van een van die dames wat vir manlief in die kantoor werk. Ek is baie lief vir haar, sy is altyd vriendelik as sy my sien, keer my op straat voor en gesels met my in Engels. Hoe lekker is dit nie?
Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Stoepbraai op ‘n afstand in grendeltyd in Qazaqstan
Kyk, ek gaan nie sê dat ek nie oor die grendeltyd in Öskemen hartseer is nie.
Ek is hartseer en regtig baie.
Lees voort “Stoepbraai op ‘n afstand in grendeltyd in Qazaqstan”
As ons krag in grendeltyd uitskop in Qazaqstan
So in die grendeltyd skop ons krag uit. Laterig in die aand, maar nog binne die Qazaqstan werksure, wat van 10 soggens tot tien saans strek. Vreemd is dit nie, ek is gewoond aan 9-5 of 9-6 werksure in Suid-Afrika. Hier is kantoor werksure wel van 8-5, maar winkels is van 10-10 oop. sommiges is nou in die grendeltyd 24 uur per dag oop, soos Muken waar ons kosvoorrade kan aankoop.
Om ‘n Russiese plaatkoekie resep te verstaan …
Ek was goed opgewonde toe ek in A+ Supermark in die nuwe winkelsentrum ‘n pakkie ontdek met ‘n prentjie van ‘n mengsel vir ‘n gebak wat ek ken: plaatkoekies (flap jacks).
Om deel van ‘n aanlyngroep te wees
My studieveld is verhoudinge en hoe mense verhoudinge bou om ‘n doel te bereik, veral as dit gaan om oor saamleer. Want dit is eintlik waaroor dit gaan, as daar nie ‘n doel is nie, is dit nie die moeite werd om deel van ‘n groep te wees nie.
Sosiale isolasie vanuit my perspektief
Vanoggend is ek lus om sommer iets oor sosiale isolasie vanuit drie verskillende perspektiewe te skryf. Al drie perspektiewe is my eie.