Vanaand gaan ek min skryf. Ek moet by my voorneme hou om elke dag te skryf oor iets waaroor ek dankbaar is. En vandag is ek dankbaar dat ons ingetrek is, al is ons nog nie heeltemal uitgepak nie.
Lees voort “Ingetrek, maar nie heeltemal uitgepak nie”Skrywer: Dr Christa van Staden
Sneeubedekte hange by Shumbulak, Almaty
Vandag herinner my iPad my aan hierdie foto wat ek in die eerste week van Maart 2020 geneem het toe ons weer ‘n keer na Shumbulak ski-oord in Almaty gegaan het om die wonderlike sneeulandskap te beleef.
Lees voort “Sneeubedekte hange by Shumbulak, Almaty”Ape is so na aan mense
Ek weet dat gorillas die diere is wat die naaste aan die mens is, maar ape is vir my ook na aan die mens. Kyk gerus weer na my hooffoto.
Lees voort “Ape is so na aan mense”My Nemesis
Seun was al in die laerskool toe die naskooljuffrou my opkommandeer, ek moet haar die middag na skool gaan sien want my kind was stout. En hy kan nie meer by die naskool bly as ek haar nie gaan sien nie. Hy was in graad 3.
Lees voort “My Nemesis”Kies ‘n woord – Desember 2021 foto-uitdaging
Ek is skielik weer lus om aan ‘n foto-uitdaging deel te neem. Maar ek kan mos nie net foto’s neersit nie, ek moet daaroor skryf ook. En hierdie ene waaraan twee van my blogvriende, naamlik Bushboy en Nowathome, deelgeneem het, trek my sedert ek na Aletta en Bushboy se foto’s gekyk het.
Lees voort “Kies ‘n woord – Desember 2021 foto-uitdaging”Sisters With Blisters … Susters Met Blase … Zusters Met Blaren …
Ek en my dollatjie het vir jare lank elke jaar aan die Sisters with Blisters geleentheid deelgeneem. Ek neem aan my lesers in die Kaap en oorsee het geen idee wat dit is nie, so laat ek sommer ook verduidelik.
Lees voort “Sisters With Blisters … Susters Met Blase … Zusters Met Blaren …”