Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Om in temperature kouer as my vrieskas te oorleef

So drie jaar gelede kyk ek so na Nico Veltman, ‘n skoolvriend wat in Amerika bly, se foto’s op Facebook. Sneeu net waar jy kyk. En ek dink so by myselwers. dankie, maar nee dankie! Daar sal ek nie gaan bly nie. Ek hou van koel, vrieskastemperature is egter om vleis vars te hou. Te keer dat die bloed uit die vleis tap. Ek het ‘n vel wat daardie funksie verrig.

Lees voort “Om in temperature kouer as my vrieskas te oorleef”
Gepubliseer in Joernaal

Die wonder van ‘n nuwe lewetjie

Jare gelede, toe ek met my dogter swanger was, het die dokter een sonar gedoen om te kyk of alles reg is. En nie weer nie. Toe was daar nie iets soos 4-dimensionele sonars nie. Alhoewel ek gesukkel het om te sien wat die dokter sien, was ek klaar verlief op die babatjie wat op pad was. Ons wou nie die geslag weet nie, het net gebid dat die babatjie gesond sal wees. En sy was. Ons rabbedoetjie is op die verwagte dag gebore.

Lees voort “Die wonder van ‘n nuwe lewetjie”
Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

As dokters en dieetkundiges tog maar die waarde van dr Google besef

Ek wip my sommer uit my kassie as dokters en dieetkundiges hulle oë rol en praat oor mense wat op Dr Google staatmaak. As jy vertel dat jy raad vir jou probleem gekry het. Toe jy jou simptome geGoogle het. Sulke mense maak of hulle alles weet. Ons weet tog hulle doen nie?

Lees voort “As dokters en dieetkundiges tog maar die waarde van dr Google besef”