Ek het iemand baie na aan my wat elke liewe dag vir my prentjies stuur. Die probleem is dat ek dit nie op my foon wil hou nie …
Ek wil die persoon nie blok dat ek nie meer die prente kry nie, want ek wil kontak hou. Maar, ek wil die prente nie hou nie en beslis nie op my foon berg nie.
So maak mens om te keer dat prente op jou foon gestoor word:
- Maak WhatsApp oop
- Klik onder aan jou skerm op settings
- Blaai af na chats en klik daarop
- Langs Save to Camera roll is ‘n skuifknoppie
- Dit moenie aan wees nie (groen), klik daarop om dit af te skakel
Jy kan ook beheer hoe goed wat mense vir jou stuur, gestoor word:
- Maak WhatsApp oop
- Klik op settings
- Blaai af ek klik op Storage and Data
- Klik op pyltjie langs Manage Storage
- Kyk onder review en delete wat jy wil hou en wat jy wil uitvee
Jy kan ook keer dat prente en videos en stemboodskappe outomaties aflaai:
- Maak WhatsApp oop en klik op settings
- Blaai af na storage en data en klik daarop
- Blaai heel eerste af na Media auto-download
- Kies by elkeen hoe dit outomaties mag aflaai (sellulêr en wi-fi, net wi-fi of nooit)
As die hoeveelheid boodskappe van baie mense jou irriteer, veral as jy die hele tyd kennisgewings daarvan kry, kan jy die volgende doen:
- Klik op settings
- Blaai af en klik op notifications
- Kies watter kennisgewings jy wil kry en nie wil kry nie.
As die hoeveelheid boodskappe van ‘n enkele mens of groep jou irriteer, kan jy die volgende doen:
- Maak WhatsApp oop (chats)
- Klik op die mens se boodskap
- Klik bo-aan skerm op die mens se naam
- Blaai af en klik op mute
- Jy kan kies vir 8 ure, ‘n week of vir altyd
- Ek kies vir altyd om geen kennisgewings te kry nie
As jy ook nie wil sien dat daar boodskappe van die mens of groep is nie, kan jy die volgende doen:
- maak WhatsApp oop
- Druk op die persoon of groep se naam en blaai na links
- Kies archive (blou) om die boodskappe na die argief te stuur
As jy niks van die persoon wil hoor nie, maar die persoon ook nie wil blok nie, kan jy die volgende doen:
- Maak WhatsApp oop
- Druk op die naam en blaai na links
- Kies Lock Chat en stuur die persoon daarheen
Dit is ‘n handige funksie as jy die persoon om een of ander rede nie wil blok nie, soos byvoorbeeld dat dit naby familie is. Jy sien die persoon nie op jou muur nie en ook nie onder argiewe nie. Maak so om die locked chats te sien:
- Maak WA oop
- Bo-aan die skerm kan search blokkie sien
- Druk met jou vinger op die skerm en blaai af
- Die Locked chats lêer is dan sigbaar, dit is onder search versteek
- As jy daarop klik, kan jy die gesprekke sien wat jy weggesluit het
Hierdie funksie kan ook misbruik word deur mense wat skelm vry, net hulle kan die lêer oopmaak omdat dit ‘n verdere vlak vereis om oop te maak, soos byvoorbeeld jou gesig of jou pin of jou vingerafdruk. ek vind dit baie bruikbaar om mense wat hulle vingers nie kan beheer wanneer hulle vir my boodskappe stuur weg te sluit. het jy ook iemand wat na aan jou is wat ‘n intense genot daaruit put om jou te beledig? Ek het en ek het net nie meer krag vir haar nie …
Dankie, dit help baie🌻
LikeLiked by 1 person
My plesier, dit maak mens moedeloos as sy dit altyd op jou kamerarol met gaan uitvee.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir hierdie uiters waardevolle raad.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie, ek moes eers sukkel voor ek dit ontdek het …
LikeLike
Toe gaan stel ek ny Whattsapp so toe dat niks deurgaan nie! Alles teruggestel, foon af en aan, nou werk dit weer, maar ek het ‘n groot klomp video’s afgegee waaroor ek bly is.
LikeLiked by 1 person
O jitte, Toortsie, het jy niks verloor wat jy wou hou nie? Ek moet gaan uitvee, sien daar is honderde stemnotas!
LikeLike
Ek weet nie. Dit sal okay wees.
LikeLiked by 1 person
Stem, baie wat op WA gedeel word wil ek nie op my foon hê nie.
LikeLike
Sjoe, dankie hiervoor, Christa.
LikeLiked by 1 person
Plesier, ek speel maar so met dit as ek sukkel – ek soek nie al die prente tussen my foto’s nie. En om dit een-een te gaan soek is ‘n taak op sy eie.
LikeLiked by 1 person
My tiener het my ‘n handige tip gegee met mense wat die blou tieks van hulle WhatsApp af haal. As mens die boodskap inkleur, kliek op die 3 kolletjies reg en daarna op Info, kan mens duidelik siem wie al ontvang, oopgemaak en ook gelees het.
LikeLiked by 1 person
Danjie, Wineta, ek het nou probeer, kry dit glad nie reg nie. Ek werk op iPhone, kan dit anders wes?
LikeLike
Ek is op ‘n Android maar daar behoort ‘n manier met iPhones te wees.
LikeLiked by 1 person
Ek kry die boodskap glad nie gemerk nie. is dit vir persoonlike gesprekke of groepe? Maar, ek kry ook nie by groepe dit reg nie.
LikeLike
Mens hou net jou vinger oor die boodskap en as dit dof raak, gaan mens oor na die 3 kolletjies en die Info icon. Dit werk by beide individue en groep gesprekke. Ek hoop dit werk gou aan jou kant. 🙏
LikeLiked by 1 person
Ag dit doen nie, ek sal bietjie by my ma kyk hoe werk dit. Dankie vir die goeie raad.
LikeLike
Baie dankie hiervoor! Ek het die notas gebêre want ek kan nie altyd onthou, of het nie die tyd om te sit en uitwerk aan die hoe en waar om die goed te doen nie. Ek beny mense wat net altyd weet hoe.
LikeLiked by 1 person
Ek speel gereeld met tegnologie, lekker om te weet dit help. Dankie
LikeLike