Ek wil graag die Libby toep gebruik om boeke te lees, maar, ‘n jaar later sukkel ek steeds met Stilbaai biblioteek, ek kan nou nog nie inkom nie.
So is ek weer biblioteek toe, die keer om te kyk of my kaart ooit geaktiveer is. Maklike toets, ek neem sommer ‘n boek uit.
Ek was onderhoof-blbioteekprefek op skool, dus is ‘n biblioteek nie vir my vreemd nie. Maar o wee, daar staan ek tussen al die boeke en weet nie wat om te kies nie.
Marieta van der Vyfer is bekende naam, ek het al van haar boeke gelees. Griet skryf ‘n sprokie is al die jare doelbewus vermy vanweë die “volwasse inhoud” daarvan. Glo my, ek gaan nooit “volwasse” genoeg wees om eksplisiete sekstonele te lees nie.
Misverstand klink egter na goeie boek, die man is moeg vir teleustellings en oorweeg selfmoord as uitweg om bekendheid te verwerf. Die skrywer wat homself verdrink het.
Ek lees dikwels ‘n boek verder as die eerste 10 bladsye voor ek besluit of ek gaan verder lees of nie. Eintlik kies ek my boeke goed, dus lees ek gewoonlik die hele boek, maar ek het al een of twee verkeerd opgesom.
Soos hierdie boek.
Binne die eerste bladsye twyfel die hoofkarakter aan ‘n “intelligente” hoërwese. Dus is ek teleurgesteld, wat word met “intelligente” bedoel? Veral na die gedeelte oor ironies.
Maar ek lees verder, tot my spyt.
In die volgende bladsye word van ‘n p@@@boek gepraat, dit is nou ‘n pornografie-boek neem ek aan? Die p@@@ is ‘n kras woord vir die vroulike privaatdele.
En toe sit ek die boek neer. Hiervoor het ek nie krag nie, nie vir ‘n boek wat geloof aanraak om dit af te kraak nie en beslis ook nie vir ‘n boek wat sulke woorde gebruik nie. Dit sou mos eerder ‘n hygboek wees? Ten minste is dit ‘n beter woord, selfs beter beskrywend, of het ek die kat aan die stert beet?
Ag nee wat, môre gaan die boek terug, ek sal kyk of ek nie liewers een van Steve Hofmeyr se boeke daar kry nie. Anders sal ek maar eers op die web soek en dan gaan haal.
Hierdie boek behoort ‘n waarskuwingsteken op te kry, moenie lees as jy nie daarvan hou dat jou God bevraagteken word nie. Ook nie as jy verkies om nie platvloerse woorde raak te LEES nie.
Ek het dus geen idee of die boek na sy skoktegniek goed is nie, vir my is dit ‘n boek om te vermy. Om die titel dan te gebruik – dit was ‘n groot misverstand om te dink dat die boek goeie leesstof gaan wees …
Ek het mos een keer thetravellingmind se skaal vir boeke gedeel en aangepas om my eie skaal te skep om boeke te beoordeel. Wel, hierdie boek kry nie eens een ster nie, dit is onder DNF (Moenie klaar lees nie). The travellingmind gee ‘n skrywer 100 bladsye voor sy besluit om neer te sit, ek het nie tot by bladsy 10 gelees nie. Daar is geen rede waarom ek sou wou weet of die man toe selfmoord gepleeg het of niem …

Ek lees nie net omdat lees lees is nie. Dit moet vir my sin maak, betekenis aan letterkunde gee. En hierdie boek verkoop waarskynlik weens sy ongure taal en seksverwysings. En daarvoor het ek nie die boek uitgeneem nie.
Sjoe, dit klink lekker, uitneem, hoe lanklaas in my lewe het ek dit gedoen? \n Boek uitgeneem om te lees. Seker laas in 2015 by Unisa, om navorsing te kan doen. Nie vir die lekker van lees nie.
Ek dink ek sou ook die boek neergesit het. ‘n Slim geskryfde storie het nie daardie elemente nodig om te boei nie. Deesdae lees ek meestal Engelse boeke maar ek het nogals Die Fantastiese Mevrou Smit geniet. Dit is lekker lig, vars en lees maklik en vinnig.
LikeLiked by 1 person
Dankie, dit is lekker om te weet dat ander soos ek dink. Ek gaan die boek uitneem as dit hier in Stilbaai is.
LikeLike
ek dink jy voel oor die noek soos ek oor Casper de Vries. Es sal maar d boek ook vermy. Ek stem saam met Venita hier bi en neem “All quiet on the Westeen Front” van Remarque as voorbeeld. Dit is die hartseerste maar pragtigste boek oor die verskrikkings van WO1. En ten spyte daarvan, is daar nie eers een vloekwoord in die boek nie( altans nue in die ou vertaling wat ek her nie. Dis blykbaar later weer vertaal, maar as die vertaler sy job geken het, sal daar ook geen vloekwoord in wees nie.
LikeLiked by 2 people
Stem saam met jou, Seegogga, dit is mos bloot onnodig om so te vloek.
LikeLiked by 1 person
Daar is so veel boeke om te lees en so min tyd om te lees dat ek maklik ‘n boek neersit as ek nie daarvan hou nie.
LikeLiked by 1 person
Ek stem so saam met jou, maklik as ek nie van die inhoud hou nie – of as dit my walg.
LikeLike
Baie dankie vir u boekressensie, Doktor Christa. Ek waardeer dit opreg. Gewoonlik as ek van ‘n Afrikaanse boek hoor en dis onbekend vir my, gaan soek ek gewoonlik na ressensies op die web en gaan loer dan by webwerwe soos Litnet of selfs van die WordPress bloggers indien daar sulke artikels beskikbaar is. U moet meer gereeld sulke ressensies plaas. Ten minste is u eerlik en probeer u nie om sogenaamd oopkop te wees soos van die litnet resensente nie. Enigiets wat interessants, ontstellend, teleurstellend of selfs van goeie gehalte is wat oor jou pad mag kom kan u vir ons onder die loep neem. Dit kan dalk net niksvermoedende lesers help wat eers die kat uit die boom wil kyk voor hulle koop.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek waardeer dit baie. Ek is mal oor lees, maar as ek lees, wil ek nie vuil voel nie, dan sit ek ‘n boek beslis gou neer.
LikeLike
Sien wat jy bedoel as mens na die litnet resensie kyk. Die man gebruik die woord ook so, sonder enige tekens om die kras woord te versag.
LikeLike
Ek kon nog nooit begryp dat kruwoorde in afrikaans in n boek ingeskryf word nie. Meeste mense gebruik dit nie alledaags nie maar dit moet in n boek kom as jy wel hê n befaamde uitgewer moet dit raaklees en uitgee. Gaan my verstand te bowe.
LikeLiked by 1 person
Daar vat jy dit dalk net mooi vas, vriendin.
LikeLiked by 1 person