Blogvriendin deel so rukkie gelede foto van die hotel, dink nie sy het naam gegee nie. En toe skryf ek dat ek daar was toe dit gebou is …
Ons het in Januarie 2010 vir my suster in Australië gaan kuier en op pad terug in Singapore oorgestaan vir ‘n week. En ons kon deur ons kamervenster sien hoe hierdie hotel gebou word.
Dit is nou die Marina Bay Sands hotel, die een met die drie bene (of geboue) met die boot wat bo-oor al drie staan. Dit was groot en hoog en baie interessant om te sien hoe dit gebou word, maar, ons wou ook graag weet wat dit is.

‘n Onderwyser het een keer haar foto’s gedeel wat gewys het dat daar ‘n swembad in die bootgedeelte daar ver bo is. Dus het ek sommer gou gaan soek. Was nie moeilik nie, net gevra vir boot op geboue in Singapore en toe kon ek kies en keur.

Dit lyk so uit die lug en so as mens by die swembad is.

Ek weet hoe ver is dit af grond toe, dus sal ek regtig nie graag daar by die rand wil staan nie – hulle noem dit die oneindige swembad. Wel, dit sal beslis een se einde wees as hy of sy daar afval. Daar is wel skeiding agter die wal wat persoon wel sal keer wat net per ongeluk uit swembad val …

Maar nee, ek dink nie ek sal daar wil swem nie.
Daar is dit dan nou, Nowathome, my foto’s van die gebou in wording, geneem einde Januarie 2010.
Ek kan nie veel van Singapore onthou nie. Ons het geland en die nuus gekry dat ons plek by die Vaal moontlik kan oorstroom. Seun het gaan kyk, water was ver van huis en drie dae later het ons huis 1 en ‘n half meter in die water gestaan. Ons was nie lus vir rondkyk nie, ons wou huis toe gaan …
Sjoe, Singapore het darem ongelooflike geboue, Christa.
LikeLiked by 1 person
Dit het nogal, Una, en dit is lekker om te weet ek was daar toe hierdie een gebou is.
LikeLiked by 1 person
gelukkigvis daardie oorstromings nou iets vd verlede?
LikeLiked by 1 person
Nogals, Seegogga, teen die tyd wat dit weer oorstroom sal die plek lankal aan die nuwe eienaar behoort, wat deeglik kennis dra van die moontlikheid.
LikeLike
Ek is bly om hierdie fotos te sien, Christa.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Anne, was dit jy wat nuwer foto’s gedeel het?
LikeLike
Nee, ek was nooit daar nie 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek was daar in Januarie 2010 , Christa, die geboue was toe al in aanbou. Dis so hoog, ek glo ook nie dat Ek daar sal wil swem nie🤔
LikeLiked by 1 person
Was jy ook in Jan 2010 daar? Jou foto lyk klaar gebou. nee aarde, ek dink nie ek wil daar swem nie.
LikeLiked by 1 person
Ja ons was daar oppad terug van New Zealand. Dalk het ek dit uit ‘n ander hoek afgeneem.
LikeLiked by 1 person
Ons was die week van 30 Januarie daar. Nee, jy was dalk net verder weg as ek?
LikeLiked by 1 person
Ja, dit kan wees het dit van die rivier of water kanaal afgeneem toe ons op die bus toer was .
LikeLiked by 1 person