My hart is stukkend, BB het baie seer en dit is my skuld. Ek het BB per ongeluk so ernstig beseer dat sy ‘n operasie moet ondergaan, maar dit kan nie nou gebeur nie.
Ons is by die see, ons kan nie opereeer en dan die lang pad aanvat nie. Dit het so gebeur …
BB raak ‘n ou tannie en sy slaoies deur die dag meer as voorheen. Kies sommer enige plek om te slaap.
Toe ek om die bed loop om dit op te maak, trap ek op haar waar sy onder die deken slaap wat nog op die bed is en ‘n oorhangslaapplek gemaak het.
Ek het so groot geskrik, maar sy het niks gedoen nie, geen pyn gewys nie. Bekka sou sowaar na my byt, ek het hom mos een keer deur die tralies probeer terugkry waardeur hy self geklim het om tussenin vas te haak. En toe byt hy my hand en moes ek ingespuit word.
Sy het eers net stadig geloop, toe op haar toon getrap as sy loop. En die volgende dag kon sy nie op die been trap nie, het hom sommer hoog teen die lyfie gehou.
So is ons Riversdal toe om die veearts te gaan sien, ek sal nie weer na Stilbaai se veearts gaan nie. Shilo se dood spook nog te erg by my. Die manier waarop hulle dit hanteer het was een te veel vir my.
Iedergeval die veearts het gedink dit is artritis, al het ek gesê dat ek op haar getrap het. Die x-strale en ondersoek onder sedasie het gewys haar kruisligamente by haar knie is af!
Hulle wil opereer, maar ek kan dit nie nou doen nie, nie hier nie. Ons ry oor week terug en hoe gaan ek haar beentjie stil hou op ‘n 14-uur lange pad wat skud en skommel? Sy moet ook in en uit vir piepie en water.
Nou sal ek anti-inflammatoriese meds gee, ook pynmeds en dan is dit een baie groot uitgawe as ons terug is in die stad, tussen R8000 en R20 000. Nie dat die R2700 om vir my te sê wat ek weet kleingeld is nie. Tog is ek dankaar dit is af, nie been of heup wat gebreek het nie. Spier of ligament besering heel seker makliker?
Ons het by padkafee gaan eet, dit was middagete en sy sou rukkie slaap. Hulle bel toe eers vir seun, ek het hom as naasbestaande gegee en hy bel my asvaal. Wat is fout met BB? Toe moet ek eers verduidelik dat ek haar beseer het, per ongeluk op haar getrap het.
Sy slapies nou, nog deurmekaar of aan die slaap van die pynmeds wat sy ingespuit is. En ek? My hart sukkel omdat ek haar so seer kon maak, al was dit nie aspris nie, is dit een te veel vir my hart …
BB is die eerste hondjie op die hooffoto, ook my eerste Schnauzertjie. My Shilo’tjie sit in die middel, dit is nou amper ‘n jaar jaar na sy dood op 14 Junie 2023 en my hart kan dit steeds nie verwerk nie. Bekka sit regs, beide Bekka en Shilo is BB se kinders van verskillende pa’s, Bekka die oudste.
Toe skrik ek sommer groot. Ai, dis sleg. Sterkte met die terug ry en dan die operasie.
LikeLiked by 1 person
Liewe Scrapy, baie dankie, ek voel stukkend.
LikeLiked by 1 person
Stywe drukkie vir jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie, liewe Scrapy, jy ken hierdie soort woefkinders.
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n aakligheid! Ek voel saam, mens se hondekinders sit mos diep in die hart
LikeLiked by 1 person
Dankie, liewe Anne, dit is groot skade aan my kind.
LikeLike
Ag, dis nou jammer, Christa. Sterkte vir julle vir die ry en die operasie wat voorlê.💕
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Aletta, my hartd pyn.
LikeLiked by 1 person
Kan dink🤗
LikeLiked by 1 person
Ons Rusky hond het 2 sulke operasies gehad, so 2 jaar uitmekaar. Hulle sit ‘n sintetiese ligamente in. Die resultate is baie goed. Dit was nie so duur soos jy genoem het nie. Vind bietjie pryse uit hieronder en daar bo. Dalk is daar n noemenswaardige verskil
LikeLiked by 1 person
Dankie, Seegogga, dit is rof, hoor, dit is een rede waarom ek dalk gaan besluit om te hoor wat Onderstepoort vra.
LikeLike
So jammer om te hoor!
LikeLiked by 1 person
Ag ounooi! Dit was rerig nou n ongelukkige verloop. Sterkte hoor!
LikeLiked by 1 person
En sy gedra haar so mooi, loop sowaar op die been, maar stadig. Arme kind.
LikeLike