Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Joernaal

Marina Bay Sands hotel Singapore

Blogvriendin deel so rukkie gelede foto van die hotel, dink nie sy het naam gegee nie. En toe skryf ek dat ek daar was toe dit gebou is …

Ons het in Januarie 2010 vir my suster in Australië gaan kuier en op pad terug in Singapore oorgestaan vir ‘n week. En ons kon deur ons kamervenster sien hoe hierdie hotel gebou word.

Dit is nou die Marina Bay Sands hotel, die een met die drie bene (of geboue) met die boot wat bo-oor al drie staan. Dit was groot en hoog en baie interessant om te sien hoe dit gebou word, maar, ons wou ook graag weet wat dit is.

‘n Onderwyser het een keer haar foto’s gedeel wat gewys het dat daar ‘n swembad in die bootgedeelte daar ver bo is. Dus het ek sommer gou gaan soek. Was nie moeilik nie, net gevra vir boot op geboue in Singapore en toe kon ek kies en keur.

Dit lyk so uit die lug en so as mens by die swembad is.

Ek weet hoe ver is dit af grond toe, dus sal ek regtig nie graag daar by die rand wil staan nie – hulle noem dit die oneindige swembad. Wel, dit sal beslis een se einde wees as hy of sy daar afval. Daar is wel skeiding agter die wal wat persoon wel sal keer wat net per ongeluk uit swembad val …

Maar nee, ek dink nie ek sal daar wil swem nie.

Daar is dit dan nou, Nowathome, my foto’s van die gebou in wording, geneem einde Januarie 2010.

Ek kan nie veel van Singapore onthou nie. Ons het geland en die nuus gekry dat ons plek by die Vaal moontlik kan oorstroom. Seun het gaan kyk, water was ver van huis en drie dae later het ons huis 1 en ‘n half meter in die water gestaan. Ons was nie lus vir rondkyk nie, ons wou huis toe gaan …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Marina Bay Sands hotel Singapore

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.