Gepubliseer in Joernaal

Wasgoedwas in Kazakhstan

Ek lees so van Una se probleem met wasgoed droog kry en Corna wat sukkel daarmee in haar stad weens lang dae van reën.

En dan weer na dollatjies wat nie van ons kusdorpie hou nie omdat wasgoed nie droog word nie. Haar skoonpa se huis is op die strand, maar agter ‘n baie hoë duin. Dus kan mens nie die see sien nie.

Ons huis is aan die dorpkant van die rivier, op ‘n hoogte en daar sien ons die see en die see sien ons. Die wind waai die hele dag deur my huis. Soggens van die voorkant, saans vaaf die agterkant van die huis. Want daar is ‘n see. En daar is ‘n berg, Sleeping Beuaty bergreeks. My wasgoed word droog, en vinnig. As dit reën, hang ek dit in die huis, en daar word dit ook droog. Winddrooggemaak.

Maar, hier in Centurion is dit anders. Hier is nie winde nie en my wasgoed hang soms daglank op die draad om droog te word. In die huis is geen oplossing nie, maar, ek het darem ‘n tuimeldroër, wat ek gewoonlik net vir my handdoeke inspan. Daarsonder het ek klipharde handdoeke.

En dit bring my by Kazakhstan.

Dit sneeu vanaf September/Oktober tot April/Mei. En dan reën dit – min – vanaf April tot September. Tog is wasgoed GEEN probleem nie.

Dit word nie buite opgehang nie, dit word in jou eie huis opgehang. En so word dit in ‘n oggend droog, want die huise is warm, baie warmer as Suid-Afrikaanse huise. Ons kn maar sê dat dit gewoonlik so 24 grade Celsius in mens se huis is.

Niemand het wasgoeddrade buite nie, altans niemand wat in woonstelle bly nie. Almal se wasgoed word in hulle huise droog. En ek sien nogal sin daarin, so is daar ook vog in die huise gedurende die war, droër maande.

Sterkte julle, ek sukkel ook met wasgoed as dit reën. Dit reëen egter maar min. Bewolkte dae is egter ook dae wat dit lank moet hang om droog te word.

Gelukkig is dit somer, Warm baadjies en goed moet nie ook droog word nie.

Ten spyte van wat ek in Kazakhstan geleer het, hang ek my wasgoed nie in die huis nie. Ek wag eerder vir beter dag. Dalk omdat dit hier nie ‘n krises is nie? Dit sneeu en reën nie dae lank nie … Winter of somer.

Maak nie saak hoe dik nie. Komberse, baadjies, dik broeke, dik kouse, jasse, beddegoed.

Alles word vinnig en maklik droog in jou eie spaarkamer.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “Wasgoedwas in Kazakhstan

  1. Ek het wasgoeddrade onder n afdak. Dit werk uitstekend. In Holkand is byna al due huise 3verdieping. Woonvertrek en kombuis onder, slaaokamers en vadkamer muddel en dakkamer bo, is die waskamer. Daar is jou wasmasjien en droograkke. En ja, alles word gou droog

    Liked by 1 person

  2. My broer-hulle (wat in Engeland bly), vertel ook altyd dat hulle hulle wasgoed in die huis laat droog word omdat die huise daar verhit is. Ek hou daarvan as my wasgoed buite hang en die son maak dit droog (ek ruik sommer die sonskyn daarin as ek dit afhaal 🌞). Maar nou is ons in die reën seisoen hier in die Oos-Kaap en dit reen vir dae aanmekaar … ek sal of ‘n tuimeldroër moet koop of meer klere!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.