Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Oupa se beseerde knie – Ag genade?

Ek het mos vertel dat kleinseun so “O genade” vir goed, so op die regte plekke dat ek my slaplag daarvoor.

Wel, hy laat sy oupa nou die dag bril afhaal om trane af te vee toe hy en oupa oor sy beseerde knie gesels.

Hy wil op oupa se been perdjie ry, mamma sê oupa se been is seer. Maar hy bly en oupa wys hom die knie wat ‘n baie lang snyplek het. Dit is nou waar oupa in Januarie 2019 ‘n knievervanging gekry het.

Hy volg die lyn van die sny met sy vingertjie, al die pad tot bo. En toe sê hy:

“Ag genade!”

Soos wat ek sal sê wanneer die pap wil aanbrand. So vol meegevoel en sag, maar hard genoeg dat dit deur die vertrek weergalm.

Ons het so lekker gelag, oupa was so verras oor die kleinkind van hom hom so vreeslik jammer kry. Met die enkele woorde.

Natuurlik wou hy toe nie perdjie ry nie, hy weet van seer kry.

Hooffoto: Ek het een van internet gevat, manlief sal nie daarvan hou ek ek so ‘n foto van hom hier deel nie. Sy sny lyk ook heelwat beter, dit is heelwat platter.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Oupa se beseerde knie – Ag genade?

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.