Vandag, twee jaar gelede, het ons die expat lewe vaarwel toegeroep om vir altyd huis toe te kom. Dit is nie vir ons nie.
Ek weet, my stories uit Kazakhstan was opwindend, snaaks, anders, lekker. Maar, toe tref ‘n “pandemie” die wêreld en word ons deur drie lande se wette verbied om huis toe te kom.
Kazakhstan en Suid-Afrika was van die laaste lande wat in die beperkings ingegaan het – maar ook van die laaste lande wat hulle grense weer oopgestel het. Dit het ons egter sewe maande lank in Kazakhsan ingehok gehou.
Ons het die eerste 18 maande seker een keer elke sewe maande huis toe gekom, maar daardie sewe maande is ons uitgehou. En dit was swaar, want kleinseun is gebore, ons sou hier wees vir sy geboorte einde Masart en ek kon hom sewe maande later eers vashou – al was ons op die eerste vliegtuie wat Kazakhstan weer verlaat het.
Sewe lang maande van wens en hoop en bid. Soveel anders as Shilo se vyf maande van spanning en hoop en bid dat hy beter gaan word wat my vanjaar getref het.
Ons kon eers nie eens uit ons huise gaan nie, toe kon ons elke tweede dag, later kon ons in strate loop, nog later in winkels ingaan en nog later kon ons weer teen die berg op in Ust, en later Almaty, om in die natuur en sneeu te verkeer.
Ons kon gaan uiteet – twee-twee en ver uitmekaar sit, busse en treine ry, maar ons mag nie huis toe gekom het nie.
Soos wat Kazakhstan en Suid-Afrika gedraai het om hulle grense oop te maak, het stelsels darem in plek geval, want ons was verskrik om te sien in watse hole die Suid-Afrikaanse regereing mense geplaas het wat twee weke lank moet “ontsmet.” Geen siek mens mag op ‘n vliegtuig geklim het nie, dus was dit ‘n sinnelose vereiste.
Maar, toe Kazakhstan die eerste vliegtuie laat opstyg, kon ons in ons huis isoleer en nie in een of ander plek met dooie voëls in nie.
Ek is steeds nie oortuigbaar om na ‘n ander lamd te reis nie, dit was baie erg om vasgekeer te word in ‘n land en nie te weet wanneer ek my kleinkind ooit te siene gaan kry nie. Ook nie sy drie nefies of my kinders en my honde nie.
Soms voel dit of ons al jare terug is, nou besef ek dit is twee jaar. Ons is langer terug as wat ons expats was. Tog voel dit nie so nie. Hierdie twee jaar het gevlieg.
Wat my by ‘n skokkende besef bring – my laaste paar jaar op aarde spoed verby. Selfs as ek meer as 80 mou word, is daar maar 20 jaar oor. Tweede dekades, dalk bietjie meer, dalk bietjie minder.
Dus moet die tyd nou briek aandraai, ek wil niks tyd meer omwens nie. Ek wil elke oomblik geniet – net vir ingeval.
Hooffoto: Ons is met besigheidsklas uit Kazakhstan teruggevlieg na ons huis toe. Hier sit ek ewe deftig in my sitplek/bed/eetsalon op Emirates se vlug na SA, via Dubai.
Lughawens was so anders, leeg, geen stalletjies, geen eetplekke, jy was op jou eie lot aangewese om die tyd om te kry. Maskers het my versmoor, ek het kinders verskriklik jammer gekry, wonder of dit breinskade kon veroorsaak om so suurstofloos in klasse te sit?
Oos wes tuis bes. Ja, ons tyd hier raak min……
LikeLiked by 1 person
Kom julle ook terug?
LikeLike
Nee, nog altyd hier. Bedoel tyd in hierdie lewe! Ouderdom!
LikeLiked by 1 person
Ag skuus, man, ja, dit is half moeilike tyd, ewe skielik dink mens, net soms, aan hoeveel jare dalk nog oor is.
LikeLike
Julle voel seker gelukkig om hier te wees 🙂
LikeLiked by 1 person
Alles in een Anne, geseënd, gelukkig, tevrede, alles in een. Al is ons hier nie so veilig soos daar nie.
LikeLiked by 1 person
Die tyd vlieg verby! Maak ‘n mens skoon onrustig!
LikeLiked by 1 person
Dit doen, veral as jy siek voel ook
LikeLiked by 1 person
Jip, verseker.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook nou terug aan al jou skrywes van daardie maande, Christa. Dit voel so lank gelede.
LikeLiked by 1 person
Jare gelede hoor!
LikeLiked by 1 person
Partykeer moet mens mos eers “anderkant die draad” gaan loer om te besef waar jy eintlik gelukkig is.
LikeLiked by 1 person
Dit is so, is dit nie? Ek wou nie gaan nie, maar dit was ‘n belewenis wat ek ook nie gaan wegwens nie
LikeLiked by 1 person