Ons ry gister van die kerk af met kleinseun, hy kon die hele Sondag by ons kuier. Dit was hemels.
In die kar gesels ons ‘n hond uit ‘n bos, voel mos of mens met ‘n grootmens gesels …
Toe haak hy af:
“Ouma, ek p@@p popcorn.”
Ek verstik amper in my agterneusdrup wat my nog gaan versmoor.
Vra dat hy herhaal dat ek mooi hoor wat hy gesē het.
Lag my besimpeld, die trane loop.
Vra dat hy herhaal dat oupa hoor, en hy roep vorentoe.
“Oupa, ek poep popcorn”.
Oups sê nee jitte, dit is nie mooi nie. Ouma lag steeds baie.
Want, is ek nie die Afrikaans taaljuffrou nie?
Sy klanknabootsing is perfek, hy hoef nie eens vir ouma te verduidelik wat hy bedoel nie. Ouma weet ook hoe dit klink as mens spingmielies skiet.
Goeie gebruik van taal, goeie vergelyking, eintlik metafoor, goeie klanknabootsing.
Hiervoor sou ek maklik 20 uit 10 gegee het! Tien vir volpunte (kragwoord oorgesien, hy ken nie van windjie gelaat nie) en tien vir kreatiewe taalgebruik.
En natuurlik die pret wat ouma gehd het om dit te kan oorvertel …
Hy is skerp! Te oulik…😃
LikeLiked by 1 person
Ek verstom my aan sy waarnemingsvermoë
LikeLiked by 1 person
Ongelooflik
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n goeie vergelyking, is dit nie 😁.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook so, die kind is baie snaaks
LikeLiked by 1 person