Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: ‘n Eenoogmonster kostuum ouma!

Kleinseun het nou die dag gesê dat ek vir hom ‘n eenoogmonster moet maak. Met bruin hare en skerp naels en tande.

Toe ek vir skoondogter vertel van ander seuntjies se reaksie op hulle truie, sê sy kleinste kleinkind het ook versoek. Hy wil ‘n eenoogmonste kostuum hê.

Oupa sē ons moet na partytjiewinkels toe gaan en sommer koop. Ouma weet daai gaan nie werk nie, daar is regte halloween monsters, nie iets wat ons ou driejarige moet kry nie. Maar ons gaan en koop toe sommer superman en spiderman.

Spiderman kan ek deel, hy is goed versteek!

Is dit nie oulik nie?

Maar, dit gaan nie deug nie, hy wil ‘n eenoogmonster hê!

Ons is in Ackermans in om hempie te koop. Swart ene sê oupa, lig sê ouma. Toe koop ons maar beide. Toe is ek in Metro in om materiaalverf en kwaste te koop. Sodat ek en kleinseun sy hempie saam kan verf as ons hom by die skool gaan haal.

Baie opgewonde maak ek my iPad oop, wys vir hom die eenoogmonster prente wat ek al gesoek het. Maar, hy is mos van die nuwe generasie, blaai verder af en kies die oulike groen monster wat lag.

En ons maak reg om te verf.

Hy verf arms en vingers op die lyne wat ouma eers in wit verf, alte oulik op die lyne. Ek en hy is vol verf! Maar, ek het darem een van my hemde bo-oor sy klere aangetrek, dus is sy klere nie vol materiaalverf nie.

Hy raak moeg en ouma verf klaar. Mamma sê dit kort nog ‘n lagie en ouma maak Vrydag klaar om vir hom by die gim te gee.

Hy is nie daar nie, kuier Vrydae by ander ouma.

Saterdagoggend kry ek die video van kleinseun wat pakkie oopmaak en sy monster hempie uithaal. Saterdagmiddag kry ek foto van hom wat by Spur uiteet, met sy monsterhempie aan. Gesiggie geverf, pas by monsterkostuumpie.

Dit is nie heeltemal ‘n kostuum nie, eerder hempie met monster wat hy meer kan dra as net wanneer hy speel.

Ek is nie ‘n kunstenaar nie, maar ek hou nogal van ons eindresultaat.

Kyk hoe bestudeer hy sy hempie! Dit is nou nadat hy die ewe grootmens uitgeskud het.

En so spog hy vandag met sy hempie.

Spur het verfdag gehad. En ny wou monster gesiggie hê!

Ek is nie kunstig nie, of nee wag, ek het lanklaas aan verf en materiaal geraak. Die kleinkinders maak my baie lus om weer met verf te speel. Ek gaan met kussings vir my banke begin. Ek kry niks waarvan ek hou nie …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

13 gedagtes oor “Kleinkindpret: ‘n Eenoogmonster kostuum ouma!

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.