Ons het proteas in ons stadtuin geplant, en dit was besonder mooi. Eintlik asemrowend toe die eerste proteas hulle kop uitgesteek het.
Die man van die kewekery het gesê dat daar glad nie rondom die wortels gepeuter moet word nie, en ek het dit so aan die tuinier oorgedra.
Toe kry ons nuwe tuinier, manlief wys vir hom wat hy in die tuin moet doen – en beveel ook dat onder die proteas gespit moet word. Dit was rampspoedig, maar die protea het dit gemaak.
Toe werk ‘n tuinier weer aan die wortels, en bedek ek die grond onder die boom met klippe dat daar nie gepeuter kan word nie.
Maar, die klippe word geskuif en gespit …
Ek was ontsteld, manlief het gesê ek praat twak, dit is nie so nie. En toe moet hy maar saam met my kyk hoe die proteas kwyn en verdwyn. Later moes die droë stok uitgehaal word, my proteas was nie meer nie.
Terwyl ek nou so koorsagtig deur my foto’s gaan om foto’s te verminder, kom ek op hierdie foto’s van my af.

En ek kan nie help om te onthou dat ek, soos met Shilo, ‘n rukkie gegun was om die wonder te aanskou nie. Ek het Shilo geteel, en hy is dood. Ek het die proteas geplant en beskerm, en hulle is dood. Beide gouer as wat hulle moes.
Shilo omdat kanker hom kom steel het en ek die ja-woord moes gee om hom te laat gaan. Die proteas is ook in die fleur van hulle lewe weggeneem. Daar het ek darem nie die ja-woord gegee nie.
Miskien daarom dat ek weer proteas wil plant, maar ek gaan nie weer woewe hê nie. As BB en Bekka besluit dit om my ook te verlaat om hemel toe te gaan, sal ek nie weer ‘n hondjie kry nie.
Vir daardie pyn sien ek nie weer kans nie. Ek weet ek moet nog twee keer daardeur gaan, dit is nou as ek langer as die tweetjies lewe. Maar dan is dit dit.
Ek is egter lus om weer ‘n koning protea te plant.
O ja, ek het speldekussings ook gehad, sal soek en dan foto van hulle ook deel.
Vir nou verwonder ek my net aan die skoonheid van my eie proteas se foto’s.
Die Proteas is pragtig. Ek het 3 speldekussing bosse gehad wat so 5 jaar gehou het. Was altyd so lekker om my eie vars blomme in die huis the kon hê
LikeLiked by 1 person
Veral omdat hulle so lank hou. Kleinseun sou seker wou pluk, ek het nie gepluk nie. Bos was suinig met sy proteas.
LikeLiked by 1 person
😃
LikeLike
So leer ‘n mens ook hoe om sekere besluite te neem en ook wat om te doen in gevalle soos met die plant van Proteas. Proteas aard nogal heel goed hier.
LikeLiked by 1 person
Wonderlike proteas! Dit sal die moeite werd wees om nuwe proteas te plant.
LikeLiked by 1 person
Dit sal, ne?
LikeLiked by 1 person
Ek het baie gunsteling blomme 😉, maar die protea is my gunsteling-gunsteling! Ons het ‘n fynbos tuin in die Kaap gehad, maar ek het gesukkel met proteas (die het ek maar later net in die wilde natuur gaan geniet). Jy gee my nou ‘n idee, dalk moet ek ook so bietjie deur die ou foto’s gaan blaai vir ‘n vir ‘n TB Thursday post! Jou foto’s is pragtig.
LikeLiked by 1 person
Dankie, dit was die mooiste proteas in Gauteng nogal
LikeLiked by 1 person