Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Oovahk

Ek moet net die woordeboek op datum hou, dit is nou my jongste kleinkind se woordeboek.

Hy ken blomme se name, ek vermoed mamma leer hom.

Op my verjaarsdag het hy saam met ons gery na die eetplek toe. En toe bel dollatjie om my geluk te wens. Natuurlik wil hy met haar ook praat.

Sy vra wat maak hy, en hy sê hy hou ‘n whoos (roos) vas. Sy vra wat dit is en hy verduidelik, dit is ‘n whoos, tannie, ‘n blom!

Snaaks dat ek nooit aan ‘n roos as ‘n blom dink nie, maar blom is goeie verduideliking.

Ons stap die een dag in die tuin en hy sê: Kyk die vahkoo (varkoor) ouma.” Ek sien, maar is verstom, hoe ken hy die woord?

Gisteraand sien hy een wat voor groei en sê: “Kyk die oohvahk ouma.”

Ek wou hom opvreet, hy ken die woord, draai dit toe alte oulik om.

Hooffoto: die rooi roos wat saam moes gaan is nog in die ruiker. Oupa was nie gelukkig omdat ek toelaat dat hy die roos uithaal nie, dit is sy geskenk vir sy vrou. Ek het daardie roos die hele aand geniet, dit is saam restaurant toe en hy het soos klein heer gelyk soos hy langs my stap, roos in die land

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “Kleinkindpret: Oovahk

  1. Te dierbaar vir woorde. Klein Amelia het op oomblik ook al ‘n woordeskat wat ek nie weet waar sy dit kry nie. Sekere woorde hoor ek Daisy se stembuiging as sy gesels. Daisy is by kleuterskool en die help oral waar sy nodig is. Dierbare vrou. Sy sê sy wag net dat Amelia skooltoe gaan dan hou sy op om te werk.(wat ek betwyfel)

    Liked by 1 person

  2. 😁 “oohvahk” … ek moes nou mooi lees. Dis goed jy’t genoem dis ‘n blom! En nogal met die rooi roos in die restaurant – pragtig. Sal hy nou nie eendag as hy mooi groot is, ‘n jong meisie se hart bly maak as hy haar met so ‘n rooi roos in ‘n restaurant verras nie!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.