Gepubliseer in Joernaal

Vervlakste spinnekop in my kamer

Ons was die week weg, maar vensters was toe. Dus wil ek sommer ook graag weet hoe die groot spinnekop in my kamer gekom het, dankie!

Ek besef verskeie van my blogvriende gaan geskok wees, maar ek moet maar vertel. Ek en ‘n spinnekop bly nie in dieselfde huis nie. En as een eers binne was, ken hy die pad in. Die lekkerte van sy plek vir sy web. Dus gaan een wat inkom, dood uit die huis. So eenvoudig soos dit.

Hier is ek en Toortsie darem op dieselfde bladsy.

Dit was koud toe ons weg is, en nou is dit amper bedompig warm in Pretoria. Ek het gesê ons gaan die grou lug al die pad van Stilbaai af saambring, maar manlief het gestry. En toe is dit so, soos soveel kere tevore reeds bewys is.

Maar, dit is ook warm, dus wou ek my gordyn wegskuif om die venster oop te maak. Gewoonlik doen ek dit van middel van gordyne af, maar gisteraand besluit ek dit is makliker van die kant af.

Toe ek my hand om die gordyn vou om oop te trek, vat ek aan iets baie groot en baie hard, amper soos ‘n stok. Waarom het ek gedink spinnekoppe se bene is sag?

My brein stry eers, nee, daai grys wat nou om die gordyn vou, is ‘n takkie, dit is nie ‘n spinnekop se been nie. Hoe groot is die ding as die been aan ‘n tak herinner?

Ek trek die gordyn weg van kant na middel, gelukkig het ons in amper twee jaar sowaar nog nie die laaste hakie ingehaak nie. Ek haak hom mos in die reling self in.

Soos wat die gordyn beweeg, beweeg die bervlakste spinnekop sy bene ook na my kant toe, totdat ek die spinnekop se grootte kan sien.

So groot soos my hand! Hy span ook sy bene so oop dat ek presies kan sien hoe groot sy lyf ook is.

Met een oog op my gordyn beweeg ek agteruit in die badkamer in om in die kas te kyk waar die gif is. Dit is nou nadat ek agtergekom het die groot blik gif bo-op my spieëlkas is propvol, maar sy spuit werk nie!

Die tweede blik het gif, maar nie naastenby genoeg nie. Ek s-uit en spuit en spuit en spinnekop voel niks. Beweeg net stadig boontoe tot dit bo-op die gordynreëling sit.

Dit sit my nie af nie, ek trek net my spieëltafel se stoel uit om hoër by te kom. Ver genoeg van die venster dat ek raak kan spuit sonder dat ‘n spinnekop op my val of na my toe hardloop as dit op die grond is.

Spinnekop besluit ek gaan hom sowar doodmaak en gly teen sy spinnedraad af grond toe. Toe ek ophou spuit, hou hy op en kry weer sy sitplek op my gordyn.

Gif werk nie, wens ons mense het so vinnig soos hulle by omgewing aangepas!

Weer retireer ek badkamer toe, oog op spinnekop. Daar is geen manier waarop ek gaan slaap as hy nie dood is nie. Hy kan nie nou vir my wegkruip nie.

Geen gif, maar ek het haarsproei gekoop wat kan werk.

Gewapen met haarsproei gaan ek weer gordyn toe. Spinnekop beweeg weer op, hier kom die vrou wragtig weer!

Ek spuit ‘n goeie dosis op sy bene en lyf, maar nee, spinnekop is immuun daarteen!

Iewers het ek my foon gevat en ‘n foto van die spinnekop geneem toe hy homself uitrek teen die muur bokant die gordyn,

Ek kry dit nērens nie, maar foon was mos by my.

Toe bel ek manlief waar hy in sit TV-kamer sit en rugby kyk.

Kom dadelik kamer toe, hier is ‘n spunnekop.

Hy sē dat ek hom mos kan spuit, maar ek sê nee, kom dadelik, dit help nie.

Manlief kom met bakkie in kamer in en ek vertel hom bie mooi dat dit nie gaan werk nie. Spinnekop moet dood wees, nie in bakkie buite gesit word nie.

Dit het hy mos al aan my gedoen …

Hy sê spinnekop gaan nie op mat doodgeslaan kan word nie, hy wil hom na muur trek om daar te slaan.

Spinnekop klou teen gordyn vas, hy gaan nie getrek word nie, dink die man hy weet nie wat hy beplan nie?

Maar, spinnekop hou nie rekening met vrou nie, dood sal hy dood wees. En ek het versterkings ingeroep.

Manlief trek die kantgordyn toe na muur toe en slaan hom met een hou kapoet.

Of is dit?

Ons sien niks op grond nie!

Toe hy die matjie wegvat wat daar lê, is die reste van die spinnekop soos ‘n bolletjie wol. Groot genoeg dat ek dit van my bed af kan sien.

Dit is nou waar ek veilig staan en kuk hoe man;ief die taak deurgevoer het.

Toe moet die “Lyk” in die toilet afgespoel word, sodat ek doodseker is dat daar geen terugklimkans is nie …

Ek gee werklik nie om of dit ‘n vriendelike spinnekop is nie. Of hy reën bring en of hy vlieé en muskiete eet nie.

Ek neem my kanse met beide, nie met ‘n spinnekop nie.

Foto: Een wat ek iewers in Australië geneem het, op Frazereiland om presies te wees. Hierdie een was baie, baie groter!

Soos ek geskryf het, ek het net gordyn afgeneem, geen s-innekop nie.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

13 gedagtes oor “Vervlakste spinnekop in my kamer

  1. Ek het nou hard uit gelag! Arme spinnekop!! Tog, ek kan ‘sien’ hoe hard jy probeer het om die spinnekop dood te maak – jy gee nie op nie. Ek sou die spinnekop daar gelos het 🙂

    Liked by 1 person

  2. O gaats, ek is baie bang vir ‘n spinnekop! Ek roep gewoonlik versterking in … Berto sê altyd as ek met so ‘n dun stemmetjie roep, dan vat hy alreeds die besem om wat dit ookal is, uit die huis te werk 😬 (maar hy glo ook aan “leef en laat leef”). Ek sê dis reg so, maar die spinnekop moet eerder daar buite in die natuur leef en ek sal in my huis leef – dan’s ons almal gelukkig 😃. Daar was juis die naweek met ons wegbreek na die berge toe ‘n “insident” met ‘n muis en spinnekop!

    Liked by 1 person

    1. Nee goeiste, muis ook! Ek is nie so seker of ek vir muis bang is nie, my oom se storie jaag net die skrik in my in. En dan gil ek. Muis het teen sy broekspyp opgehol. toe moet hy dit in sy broek dooddruk voor dit kom jy weet waar ,,,

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op wetanddustyroads Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.