Gepubliseer in Joernaal

Agt jaar hier op WP

Vanoggend kry ek die boodskappie, ek is al 8 jaar op WP besig. Dus het ek agt jaar gelede hierdie joernaal begin bou.

Maar, ek het voorheen ook gebou, was net nie lus om daarmee aan te gaan nie.

In die 8 jaar het ek vriendskappe gebou met mense wat saam gesels. En so geleer dat WP ‘n gee-en-neem omgewing is. As ek op mense se blogs kommentaar lewer, en hulle lees nie my plasings ook om ook kommentaar te lewer nie, voel ek soos ‘n “stalker”. En dan ontvolg ek hulle, sodat ek nie elke dag hulle plasings sien nie. Dit is vir my onaangenaam as die gesprek nie wederkerig is nie.

As ek ‘n paar spesiale mense moet uitsonder wat altyd tyd afknyp om hallo te sê, kan ek dalk iemand uitlaat wat ongelukkig gaan wees. Ek was al in so ‘n situasie …

Dan is daar mense wat volg en lees en nie kommentaar lewer nie, maar wel vertel as hulle my sien. Dit is ook baie spesiaal, en laat my op my tone oor wat ek skryf.

Ek skryf meestal oor gebeure in my lewe, staaltjies oor kleinkinders en soms deel ek foto’s ook. Die foto’s is probleem, want hulle is groot, en as mens weer sien, moet jy na duurder pakket opgradeer. Hierdie probleem los ek met skermskote van my foto’s op. Sodoende is die lêer piepklein en kan ek baie foto’s oplaai. ‘n Wen-wen situasie.

Aan almal wat lees en saamkuier, sommer net baie dankie. Ek waardeer julle. Aan die wat nog nie begin blog het nie, vind jou nis en skryf daaroor. Ek sal lekker saamlees en saamgesels.

So terloop, WP het ook in die week laat weet dat ek 1000 plasings gemaak het, so dit is ook deel van die 8 jaar.

Ek het die eerste paar jaar maar min geskryf, eers toe ons in Kazakhstan gaan bly het meer geskryf. Dit was 2019, dus is die meeste van die plasings sedert Maart 2019 geskryf …

Soos wat WP ook bevestig …

Liefde.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Agt jaar hier op WP

  1. Baie geluk, dr. Christa. Ek geniet jou blogs baie. Ja veral die Afrikaanse WordPress het baie verander sedert ek aangesluit het maar ons is nog ‘n interessante groepie wat hier kuier.

    Liked by 1 person

  2. Sjoe, ‘n 1000 plasings! Welgedaan! Ek lees altyd lekker aan jou stories. Jou kleinkind pret laat my altyd glimlag (partykeer sommer hardop lag vir die sêgoed) en jou meer ernstiger plasings geniet ek net so baie. Dankie ook dat jy gereeld by my kom inloer 😊.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.